Geloof in wie?

Na-middag diens 14 Junie. ‘n Woordeskat vir geloof (8). As ons nie aan die drie Persone vashou nie, sweef daar slegs ‘n blote leë Naam vir God sonder die ware God in ons brein rond.

Die gesindheid van Christus

Erediens 14 Junie gelei deur ds. Nel, klavierspel deur Komien vd Westhuizen. Teks: Filippense 2: 5-11. “hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.” Jesus Christus in Sy koms uit die hemel, in Sy ingaan in ons vlees, in Sy dra van ons sondes, in Sy sterwe vir ons, in Sy … [Read more…]

Die huis van die lewende God

Erediens Sondag om 09:00. Teks: 1 Tim. 3: 14-16 Die huis van die lewende God. “Die allesbepalende vir die evangelie is nie die kerk nie, maar die Here van die kerk. Ons moet nie van onder af na die kerk kyk nie, maar van bo. Want die kerk is nie ’n klub nie, nie ’n … [Read more…]

Eredienste vlak 3

Geagte gemeente Die kerkraad het gister (02 Junie) vergader en ons is baie dankbaar dat die Here dit so beskik het dat ons weer bymekaar mag kom. Ons het besluit om Sondag weer ons eredienste om 09:00 te hervat. Ons mag nou wel nie saamsing nie, maar onder leiding van Komien sal daar steeds musiek … [Read more…]

Daar is hoop

‘n Woordeskat vir geloof, Sondag 6. “Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ’n vrou, gebore onder die wet, om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.”

Verlangend na Christus

Pinkster (10): Daar’s miskien baie dinge in jou lewe wat jou aandag vra, maar het jy tyd om na die feesmaal te kom? Bid dat die Gees jou weer honger sal maak, om met ‘n verlange na die feesmaal saam Christus uit te sien.

Christus verdryf die donker

Pinkster (9): Rig jou oë vandag op Christus, wat die donkerte oorwin het. Kyk na die een wat jou te midde van al jou omstandighede ‘n oorwinnaar maak. Laat die Gees deur die Woord die donkerte in jou lewe verdryf.