Ja, jy moet perfek wees
Na-middagdiens: ‘n Woordeskat vir geloof (4). Ons almal het foute, dit is juis die probleem.
Na-middagdiens: ‘n Woordeskat vir geloof (4). Ons almal het foute, dit is juis die probleem.
Dit is hierdie naweek byna twee maande sedert ons laaste Sondag bymekaar, toe min wetende wat wag. En al voel dit ver terug én ons ver uitmekaar, reik ons harte en gebede tóg oor die afstand en onsekerheid heen. Ons besef dat die impak van hierdie pandemie en die ekonomiese- en sosio-maatskaplike gevolge daarvan, véél … [Read more…]
Ons gaan voort met ons reeks oor die Kerk van Christus, vandag oor die orde van kerklike gesag. Dit mag in kerklike regering nooit gaan om “die wil van die lede” nie, maar uitsluitend om één ding: die wil van God.
Die Christelike geloof begin met ‘n erkenning van jou ellende, maar daar eindig dit nie. Nou moet jy ook self verantwoordelikheid neem. DIe idee dat jy eintlik net ‘n paar foute het word daarom deur die Kategismus by die keel af gesny: die mens is boos en verkeerd van natuur, heeltemal onbekwaam tot enige goed … [Read more…]
Sewe weke wat ons mekaar nie gesien het hier in Koringberg nie… ons wens ons sou weer kon kerk toe kom! Maar, laat ons moedhou; dáárdie dag kom… In dié weke tussen Paasfees en Hemelvaart herinner ons onsself aan die opstanding van Christus en die hoop wat dit aan ons gee – laat ons dit … [Read more…]
Die vraag in die Christelike geloof is nooit of jy goed genoeg is nie, maar of jy sleg genoeg is. God het immers nie Sy Seun gestuur om goeie mense met goeie harte te red nie.
Vir baie van ons is hierdie grendeltyd ’n baie moeilike tyd. In sulke tye is mens op soek na goeie nuus. En daarom is daar juis in sulke tye baie skelms wat daarop uit is om jou met ’n slenter te vang. Hulle weet jy is kwesbaar. Dit is ook nie anders in die geloof … [Read more…]
Die vyfde aflewering van ons oordenking oor die kerk van Christus.
Hierdie is die eerste aflewering van ons na-middag dienste – Woordeskat vir geloof – waar ons die ABC van die Christelike geloof gaan oordink.
Wat sou gebeur as die handelaar of boer maar net sit en wag vir die ideale toestande? ’n Mens sou dan tog nooit iets gedoen kry nie. En daarom; “werp jou brood uit op die water.” Laat jou lewe in geloof begin. Soek die triomf van Christus