Moet nie sit en wag nie

Wat sou gebeur as die handelaar of boer maar net sit en wag vir die ideale toestande? ’n Mens sou dan tog nooit iets gedoen kry nie. En daarom; “werp jou brood uit op die water.” Laat jou lewe in geloof begin. Soek die triomf van Christus

Die lidmate van die kerk

Jesus het dit nooit so voorgestel asof dit maklik is om ’n lidmaat van die kerk te wees nie. Daarom mag die kerk ook nie bang wees om mense van haar te laat weggaan as hulle nie bereid is om te verstaan wat dit beteken om Christus te volg nie.