Die sentraliteit van die evangelie (4): Galasiërs 2: 11-21

Om te memoriseer: Galasiërs 2:20

“ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.”

Die Woord:

15 Ons is Jode van geboorte en nie sondaars uit die heidene nie. 16 En tog weet ons dat ‘n mens nie van sonde vrygespreek word deur die wet van Moses te onderhou nie, maar alleen deur in Jesus Christus te glo. Ook ons het tot die geloof in Christus Jesus gekom, en dit is hoe ons vrygespreek is: deur in Christus te glo en nie deur die wet te onderhou nie, want geen mens word vrygespreek op grond daarvan dat hy die wet onderhou nie.

Oordenking:

In ons gejaag is dit maklik om vlugtig die Woord deur te lees eerder as om dit in te neem. Maar tog glo ons hierdie is die geïnspireerde Woord van God. Neem ‘n oomblik om stil te staan, dank God vir die Skrif en vra Hom om met jou deur hulle te praat vandag.

Die Christelike leerstelling van regverdiging is ’n muntstuk met twee kante: ons sondeskuld en die regverdige straf daarvoor word Christus toegereken; en Christus se sondelose lewe en gawes word ons toegereken. Verby, net so, in die eenmalige offer van Christus aan die kruis, en ontvang deur die geloof alleen.

Wat beteken dit? Dit beteken dat God ons probleem raakgesien het – die selfvernietiging van sonde en ons onvermoë om enigiets daaraan te doen – en hy het die hele taak om ons te red op Homself geneem. Dit beteken ons mislukkings: verlede, hede en toekoms, kan ons nie definieer voor ’n heilige God nie. Ons sondige rekord is verruil vir die regverdige rekord van Christus.

Soek jy desperaat na aanvaarding? Jy het dit deur Christus!

Is jy konstant angstig oor hoe jy voorkom? Jy is wonderbaar in Christus!

Jou identiteit is nou Christus.

Jou hoogste waarde word gevind in die hoogste bron: die aanvaarding van God die Vader.

Van wie anders sal jy dit eerder wil vind? Wie se opinie kan moontlik meer saak maak as die Een wat jou meer intiem ken as wat jy jouself ken? Die een wat betrokke was nie net in elke woord wat jy al ooit geuiter het nie en elke daad wat jy al ooit uitgevoer het nie, maar selfs elke gedagte, motief en intensie van die hart en tog het hy jou steeds lief.

Vryheid is om so geken te word, en tog steeds geliefd te wees.

Christus bied dit aan.

Ons moet dit maar net ontvang.

Nadenke:

Die vermeerdering van die aantal Christene wat hierdie evangelie vry uitleef sal ’n uitsonderlike effek hê op ons land. Verbeel jouself, nie net evangeliese vernuwing op ’n persoonlike vlak nie, maar versprei regdeur die land in elke dimensie van besigheid, tot gereg, tot integriteit. Wat as die hele kultuur wat ons land kenmerk deur die evangelie deursuur was?

Gebed:

Vir jou hart

Oordink jou nuwe identiteit in Christus en vra God om jou te help om dit te omarm in elke area van jou lewe, bv. jou verhoudings en werk.

Vir jou kerk

Bid dat Koringberg en ook al die ander kerke in ons land, ’n plek sal wees waar baie mense wat nog nie die evangelie ken nie die vreugde mag ervaar van ’n identiteit in Christus.

Vir ons gemeenskap

Bid dat ons op so ’n manier sal leef dat elke deeltjie van ons gemeenskap vernuwing ervaar, sodat almal bemoedig word en meer hoopvol is.

Kommentaar