Waar vind ek krag in die lig van die lewe se realiteite?

Sewe weke wat ons mekaar nie gesien het hier in Koringberg nie… ons wens ons sou weer kon kerk toe kom! Maar, laat ons moedhou; dáárdie dag kom… In dié weke tussen Paasfees en Hemelvaart herinner ons onsself aan die opstanding van Christus en die hoop wat dit aan ons gee – laat ons dit met volharding en moed bly dra, dié boodskap dat Hy tussen ons is en dat ons daarom ánders leef, geroepenes. Bly kalm en laat die waarheid ons woorde en dade kenmerk. Vanoggend se boodskap is vir elkeen wat dalk moedeloos voel. Nie meer krag het om aan te gaan nie, nie meer lus vir die lewe het nie. Ons hoor waar ons krag kan kry in die lig van die lewe se realiteite. Luister of kyk ook vanaand ons na-middagdiens so 16:30 se kant waar ons verder gaan met die ABC van die Christelike geloof, vanaand die derde aflewering: is jy ’n groot genoeg sondaar?

Intussen, vanoggend, geluk en seën aan almal wat vandag en in hierdie week verjaar: 10 Mei – Anelda Engelbrecht.

Wat barmhartigheid betref: dankie aan almal Hester en Betta wat steeds voortgaan met die sopkombuis en almal wat hiertoe bydrae. Daar is ook ander projekte in die gemeenskap, soos kospakkies en vervaardiging van maskers, kontak my gerus as jy hierby wil betrokke raak.

Ons gebede bly by hulle wie deur hierdie epidemie en ekonomiese ramp, swaarkry en honger gaan, by ons regeringleiers wat met wysheid, regverdigheid en eerlikheid ‘n weg hieruit moet vind en ook by ons boere wat te midde hiervan aan die plant is.

Kommentaar