02 Februarie

Teks: Spreuke 1; Hebreërs 12

Die fondasie van wysheid

Ons leef in ’n tyd waarin elke mens sal besef dat hy wysheid kortkom. Dit is nie ’n skande om te erken dat ons nie altyd presies weet wat die regte weg met ons ingewikkelde probleme is nie. Egte wysheid is immers nie maar net ʼn kwessie van intellek nie. Baie slim mense is onwys. Job vra reeds in Job 28: “Maar die wysheid – waar word dit gevind?” Wat sal ons hierop antwoord vanoggend? Ons hoor ’n deel van die antwoord in Spreuke 1:7 Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis. Hierdie is die hele trajek van die boek. Dit het te make met ons innerlike reinheid en eerlikheid en daarom met eerbied en ontsag vir die Here. Maar ’n term soos die vrees van die Here resoneer nie juis by ons vandag nie. Mense weet nie meer, voel dit nie meer, besef dit nie meer dat hulle voor die aangesig van God lewe nie.

Wysheid het egter ʼn morele kant. Dit het ’n geestelike kant. Dit het ’n bekeringskant. En daarom kan jy nooit tot ’n suiwer kennis van jouself kom – jy kan nooit ware kennis en wysheid verkry – tensy jy eers die aangesig van God aanskou het en uit die aanskoue van God tot ’n ondersoek van jouself neerdaal nie.

Die Hebreër skrywer trek ons op vorentoe deur te wys dat ons nie meer onder die ou bedeling se ‘wysheid’ is nie. Iets het met ons gebeur. Ons het gekom by die berg Sion, die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem, die gemeente van eersgeborenes, by die kerk, by God en by Jesus, die Middelaar van die Nuwe Testament en die bloed van die besprinkeling. By die Wysheid self! En daarom “ laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees. Want onse God is ‘n verterende vuur.” – Heb. 12:28-29

DEURKOLLEKTE

02 Februarie                Plaaslik: barmhartigheid

KENNISGEWINGS

5 Februarie                  Finansies vergadering 17:15

09 Februarie                Gesin geselligheid 10:30

12 Februarie                Kerkraad vergadering

28 Februarie – 1 Mrt.  Gemeente kamp

28 Maart                      Funduro

VOORBIDDING EN VERJAARSDAE

Ons dink in ons gebede aan almal wat siek is, in hospitale of tuis

aansterk ná operasies of behandeling: Willem Pretorius

Verjaarsdae:    –

GEMEENTEBEDIENING

Kategese: Gaan uit net na die kindermoment.

Biduur: Woensdae 09:30 by Kasteel straat 69

WhatsApp: Om deel van die gemeente se WhatsApp groep te wees kontak asseblief die kerkkantoor

Teebeurte: Almal wat bereid is om tee te maak en te bedien na die diens kan asb. vir Karin Theron kontak (082 578 2294).

Gasvryheid: As jy bereid is om die Koringaar nuusbrief by die deure uit te deel voor die diens, kontak asb. vir ds. Nel .

BARMHARTIGHEID

Sopkombuis: Weeklikse sopkombuis vir jong kinders in gemeenskap. Skenkings is altyd welkom, kontak vir Hester Truter in die verband (082 436 8987).

Kosbank: Kospakkies vir behoeftiges in ons gemeenskap. Kontak vir Andrea Truter vir enige navrae (082 328 1089) hieroor.

Klerebank: Ons benodig klere, skoene en komberse om onder behoeftiges te versprei. Kontak vir Bregda Mostert (083 597 0091)

Dagsorg : Ons vroeë kinderontwikkeling projek. Kontak vir Peter Fourie vir navrae (082 862 8686).

ACVV: Die senior burger koringklub fokus op senior burgers in ons gemeenskap. Kontak asb. vir Lize Steyn (082 263 9434 ).

Nal’ibali: Ons gemeenskap leesprojek. Kontakvir Lize-Maré le Roux kontak (061 109 9336) vir navrae.

TAFELGESPREK

Waarom word Hy Christus, wat Gesalfde beteken, genoem?

Antwoord: Omdat Hy deur God die Vader bestem en aangestel en met die Heilige Gees gesalf is (a) tot ons hoogste Profeet en Leraar (b), wat aan ons die verborge raad en wil van God aangaande ons verlossing ten volle bekend gemaak het (c); tot ons enigste Hoëpriester (d), wat ons met die enige offer van sy liggaam verlos het (e) en met sy voorbidding gedurigdeur by die Vader vir ons intree (f); tot ons ewige Koning, wat ons met sy Woord en Gees regeer en ons by die verlossing wat verwerf is, beskerm en bewaar (g).

(a) Ps 45:8; Heb 1:9; Jes 61:1; Luk 4:18. (b) Deut 18:15; Hand 3:22; 7:37; Jes 55:4. (c) Joh 1:18; 15:15. (d) Ps 110:4. (e) Heb 10:12, 14; 9:12, 14, 28. (f) Rom 8:34; Heb 9:24; 1 Joh 2:1; Rom 5:9, l0. (g) Ps 2:6; Sag 9:9; Matt 1:5; Luk l:33; Matt 28:18; Joh 10:28 Op 12:10, 11.

Kommentaar