02 September 2018

Erediens: 02 September: Jakobus 2:1-26

Wat help dit as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so ‘n geloof hom red?” (Jak. 2:14). Nee antwoord Jakobus. Geloof moet oorloop tot dade. Dit is die duidelike boodskap wat ons vanoggend – steeds in nabetragting van die basaar – hoor.

Ons lees in Jak. 1:27 “Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hul moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die wêreld se besmetting” Dit is egte en suiwer godsdiens: ‘n lewe van diens aan jou naaste, geloof wat oorloop tot barmhartigheid, ’n rein lewe voor God. En dit is vandag nie anders as in die Bybel se tyd nie. Geloof moet oorloop tot dade.

Want godsdiens is ook ’n praktiese saak. Dit kan getoets word aan klein dingetjies in ons lewens. Soos aan dinge wat ’n mens sê: “as iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie intoom hou nie, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs.” (Jak. 1:26). In jou tong, in jou dade, in jou barmhartigheid teenoor armes, in jou ontferming oor wese en weduwees: in sulke dinge kom dit uit of ’n mens se godsdiens eg is of nie.

Jakobus stel dit nog duideliker in vers 2:24: “Julle sien dus dat ‘n mens uit die werke geregverdig word en nie uit geloof alleen nie.” Nou dat geloof ‘n mens kan red, en niks anders nie is in die Skrif ingegraveer. Dit is sekerlik die middelpunt van die evangelie. Paulus skryf in Romeine 3:28 “Want ons is oortuig dat ons geregverdig word deur die geloof, sonder werke van die wet.”

Weerspreek die apostels dan mekaar? Hoe versoen mens die twee Skrif uitsprake met mekaar? Hieroor meer vanoggend.

DEURKOLLEKTE

02 September  Sinodaal: Instituut vir dowes

09 September  Sinodaal: Gemeentehulpfonds

 

BELANGRIKE DATUMS

09 September  Kerkraad bevestiging

10 Oktober      Oesdiens

14 Oktober      Gemeente ete

28 Oktober      Nagmaal

 

MEELEWING EN VOORBIDDING

Ons dink in ons gebede aan almal wat siek is, in hospitale of tuis aansterk ná operasies of behandeling, ons bid ook vir ons gemeenskap en land:

Dankie vir reën wat geval het; grondhervorming gesprekke, Bregda Mostert; Mirrie Albertyn.

 

VERJAARSDAE

02 September: Karisa Nel

03 September: Alphonso Warnich

05 September: Sakkie du Toit

05 September: Marie Kellerman

07 September: Frikkie Zeelie

 

GEMEENTEBEDIENING

Kleuterkerk: Hervat weer volgende Sondag.

Kategese: Net na die erediens in die kerk.

Biduur: Dinsdag 09:30 by Kasteel straat 69

Omgeegroep: Dinsdag 18:30 by Hooggeleë

WhatsApp: Om deel van die gemeente se WhatsApp groep te wees of iets daarop te plaas kontak asseblief vir Bregda Mostert (083 597 0091) of Adèle du Toit (083 954 9524).

 

BARMHARTIGHEID

Sopkombuis: Weeklikse sopkombuis vir jong kinders in gemeenskap. Skenkings is altyd welkom, kontak vir Hester Truter in die verband (082 436 8987)

Kosbank: Kospakkies vir behoeftiges in ons gemeenskap. Kontak vir Andrea Truter vir enige navrae (082 328 1089) hieroor.

Klerebank: Ons benodig klere, skoene en komberse om onder behoeftiges te versprei. Kontak vir Bregda Mostert (083 597 0091)

Dagsorg & SmartStart: Ons vroeë kinderontwikkeling projek. Kontak vir Karisa Nel vir navrae (076 522 7767)

ACVV: Die senior burger koringklub fokus op senior burgers in ons gemeenskap. Kontak asb. vir Lize Steyn (082 263 9434 ).

 

TAFELGESPREK

Vraag: Waarom moet ons nog goeie werke doen, terwyl ons tog sonder enige verdienste van ons kant alleen uit genade deur Christus uit ons ellende verlos is?

Antwoord: Omdat Christus ons, nadat Hy ons met sy bloed gekoop het, ook deur sy Heilige Gees tot sy ewebeeld vernuwe sodat ons met ons hele lewe bewys (a) dat ons God dankbaar is vir sy weldade en Hy deur ons geprys (b) word: Verder, sodat ons vir onsself uit die vrugte van ons geloof sekerheid kan kry. (c), en ons deur ons godvresende lewe ons naaste ook vir Christus kan wen (d). (a) Rom 6:13; 12:1, 2; 1 Pet 2:5, 9; 1 Kor 6:20. (b) Matt 5:16; 1 Pet 2:12. (c) 2 Pet 1:10; Matt 7:17 Gal 5:6, 22. (d) 1 Pet 3:1, 2; Rom 14:19.

Kommentaar