07 Oktober

Respek vir liefde

In God se orde van prioriteit volg die heiligheid van die huwelik op die heiligheid van menslike lewe. Ons moet dit nie miskyk nie. Ons moet net so besorg wees oor dit wat die liggaam ontheilig as dit wat die liggaam vernietig. Daarom was die doodstraf ook geëis vir egbreek, nes moord (lees Deut. 22:22).

Egbreek is egter ‘n oortreding wat geen gewig meer dra in ons samelewing nie. Waar God die doodstraf geëis het vir egbreek, word vandag feitlik geen straf hiervoor geëis nie. Daar word beweer dat ’n gemiddeld van tussen 50% en 66% van alle SA huwelike in die skeihof eindig en die getal is aan die toeneem.

Die apostel Paulus leer ons dat geen egbreker die koninkryk van God sien sal nie, maar dan sê hy ook daarop: “En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.” Ook vanoggend sal jy nie verlore gaan omdat jy ’n egbreker is nie, maar omdat jy dit is, en tog nie na Christus vlug in berou sodat jou sonde van jou af weggeneem kan word nie. Die gebod is daarom ook vanoggend ’n middel vir jou om in berou oor jou sonde na die troon van genade te vlug en daar bedek te word onder die bloed van die Lam.

DEURKOLLEKTE

07 Oktober: Eeufees fonds

14 Oktober: Sinodaal: Hospitaal bearbeiding

 

Ons wag nog op ’n finale bedrag vir die basaar, hou die spasie dop!

 

BELANGRIKE DATUMS

10 Oktober      Oesdiens 07:00

14 Oktober      Gemeente ete

28 Oktober      Nagmaal

11 November Jeug kommissie om 10:15 in die konsistorie

13 November  Finansiële kommissie

14 November  Eiendom kommissie

15 November  Barmhartigheid kommissie: 15:30 in die Annex

16 November  Ouderlinge samekoms om 18:30

27 November  Kerkraad vergadering om 18:30

 

MEELEWING EN VOORBIDDING

 

Ons dink in ons gebede aan almal wat siek is, in hospitale of tuis aansterk ná operasies of behandeling, ons bid ook vir ons gemeenskap en land:

Alwyn Hanekom; Christo Engelbrecht; Johanna Carstens; Marnus en Liesl Engelbrecht met die geboorte van hul dogter; ringsitting

 

VERJAARSDAE

30 September: Louis Carstens

04 Oktober:     Drien Carstens

05 Okotber:     Eldri Warnich

07 Oktober:     Kleintjie van Wyk

08 Oktober:     Johan van der Merwe

13 Oktober:     Heinz Warnich

 

GEMEENTEBEDIENING

Kleuterkerk: Hervat weer na die skoolvakansie

Kategese: Net na die erediens in die kerk

Biduur en omgeegroep: Hervat weer na die vakansie

WhatsApp: Om deel van die gemeente se WhatsApp groep te wees of iets daarop te plaas kontak asseblief vir Bregda Mostert (083 597 0091) of Adèle du Toit (083 954 9524).

Gemeente ete: Kaartjies vir die gemeente ete van 14 Oktober sal van vandag af beskikbaar wees by kerkraadslede of by die kerkkantoor. Koste is R70pp (R60 vir pensionarisse en kinders onder 12)

 

BARMHARTIGHEID

 

Sopkombuis: Weeklikse sopkombuis vir jong kinders in gemeenskap. Skenkings is altyd welkom, kontak vir Hester Truter in die verband (082 436 8987)

Kosbank: Kospakkies vir behoeftiges in ons gemeenskap. Kontak vir Andrea Truter vir enige navrae (082 328 1089) hieroor.

Klerebank: Ons benodig klere, skoene en komberse om onder behoeftiges te versprei. Kontak vir Bregda Mostert (083 597 0091)

Dagsorg & SmartStart: Ons vroeë kinderontwikkeling projek. Kontak vir Karisa Nel vir navrae (076 522 7767)

ACVV: Die senior burger koringklub fokus op senior burgers in ons gemeenskap. Kontak asb. vir Lize Steyn (082 263 9434 ).

 

TAFELGESPREK

Vraag: Verbied God in hierdie gebod niks meer as net egbreuk en sulke skandes nie?

Antwoord: Omdat beide, ons liggaam en siel, ‘n tempel van die Heilige Gees is, wil God dat ons altwee rein en heilig bewaar. Daarom verbied hy alle onkuise dade, gebare, woorde (a), gedagtes, luste (b) en alles wat ‘n mens daartoe kan verlei (c). (a) Ef 5:3, 4; 1 Kor 6:18, 19. (b) Matt 5:27, 28. (c) Ef 5:18; 1 Kor 15:33.

Kommentaar