09 Februarie 2020

Die Koringaar                           

Teks: Prediker 12

Alles is tevergeefs

Die boek Prediker staan so vreemd tussen al die ander boeke van die Bybel. Dit besin oor die sin van die lewe. As ’n mens net na alles in die lewe kyk, na die skynbaar nimmereindigende proses van geboorte, groei, kwyn en vergaan, kan jy maklik in weemoed verval. Dit is soos dit met die Prediker gegaan het, wat as die slotsom van sy waarneming maar net kon sê: Alles kom tot niks, tot hoegenaamd niks.

Meeste van ons, nes die Prediker, ervaar tye van weemoed en droefheid omdat alles verbygaan. ’n Mens se lewe is maar, soos Jakobus sê, ’n damp wat ’n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn (Jakobus 4:14). Al ons lief en leed, al ons kleinheid en grootheid, al die gebeurtenisse van jou lewe, alles sal eendag saamstort tot ’n plekkie aarde met ’n naam en twee datums: gebore en oorlede.

Hoe pynlik die ervaring van verlies en dood ook al is, het dit tog ook die kant dat daar in die mens se hart ’n verlange na ewigheid lê. Daarom dat die Prediker ook nadat by oor alles die oordeel uitgespreek het dat dit tevergeefs en ’n gejaag na wind is, tog nie morbied word, en in wanhoop of nihilisme versink nie, maar berusting en selfs vreugde daarin vind dat God daar is en dat alle dinge uiteindelik tot God terugkeer. Dit is ’n perspektief om aan vas te hou vanoggend. Ons weet dat ’n lewe wat gedra word deur die Christelike hoop, ’n lewe vol van inhoud is. Met die hoop gryp ons vooruit na die dag wanneer alles nuut sal word. Daarom verwag ons hierdie groot dag met sterk verlange om die beloftes van God in Jesus Christus, ons Here, ten volle te geniet (NGB Artikel 37).

Baie welkom by ons erediens gelei deur ds. Jaco Nel, ons orreliste Komien van der Westhuizen en al die ouderlinge en diakens van NG Kerk Koringberg. Uit die voorportaal is ’n deur na die moederskamer en daar is toiletgeriewe in die Annex. Ons wens almal ’n geseënde rusdag toe.  

DEURKOLLEKTE

09 Februarie                Laerskool Koringberg

KENNISGEWINGS

09 Februarie                Gesin geselligheid 10:30 by Hooggeleë

12 Februarie                Kerkraad vergadering 17:30

28 Februarie – 1 Mrt.  Gemeente kamp

1 Mrt.                          Gemeente braai by kamp 10:30 (R60 per volws. en R40 per kind)

28 Maart                      Funduro

VOORBIDDING EN VERJAARSDAE

Ons dink in ons gebede aan almal wat siek is, in hospitale of tuis

aansterk ná operasies of behandeling: Willem Pretorius, Christo Engelbrecht.

Verjaarsdae:    Chris Hanekom                       9 Feb.

                        Elsabe le Roux                        11 Feb.

                        Adele du Toit                          14 Feb.

                        Arno Olivier                            15 Feb.

GEMEENTEBEDIENING

Kategese: Gaan uit net na die kindermoment.

Biduur: Woensdae 09:30 by Kasteel straat 69

WhatsApp: Om deel van die gemeente se WhatsApp groep te wees kontak asseblief die kerkkantoor

Teebeurte: Almal wat bereid is om tee te maak en te bedien na die diens kan asb. vir Karin Theron kontak (082 578 2294).

Gasvryheid: As jy bereid is om die Koringaar nuusbrief by die deure uit te deel voor die diens, kontak asb. vir ds. Nel .

BARMHARTIGHEID

Sopkombuis: Weeklikse sopkombuis vir jong kinders in gemeenskap. Skenkings is altyd welkom, kontak vir Hester Truter in die verband (082 436 8987).

Kosbank: Kospakkies vir behoeftiges in ons gemeenskap. Kontak vir Andrea Truter vir enige navrae (082 328 1089) hieroor.

Klerebank: Ons benodig klere, skoene en komberse om onder behoeftiges te versprei. Kontak vir Bregda Mostert (083 597 0091)

Dagsorg : Ons vroeë kinderontwikkeling projek. Kontak vir Peter Fourie vir navrae (082 862 8686).

ACVV: Die senior burger koringklub fokus op senior burgers in ons gemeenskap. Kontak asb. vir Lize Steyn (082 263 9434 ).

Nal’ibali: Ons gemeenskap leesprojek. Kontakvir Lize-Maré le Roux kontak (061 109 9336) vir navrae.

TAFELGESPREK

Watter troos skep jy uit die artikel van die ewige lewe?

Antwoord: Dat, aangesien ek nou alreeds die begin van die ewige vreugde in my hart ervaar (a), ek na hierdie lewe volkome saligheid sal besit – ‘n saligheid wat geen oog gesien, geen oor gehoor en in die hart van geen mens ooit opgekom het nie – om God daarin ewig te prys (b).

(a) 2 Kor 5:2, 3. (b) 1 Kor 2:9.

Kommentaar