16 Februarie

Teks: Hooglied 3:6-5:1

Ware liefde

Een van die kenmerke van ons tyd is die soeke na liefde en betekenis onder mense. Almal wil liefde ervaar. Die hele wêreld smag na liefde en betekenis. Maar dit maak dit ook makliker om liefde vir God te misgis en daardeur weggevoer te word en jou hoop daarop te plaas. Jy is niemand totdat iemand jou lief het nie – dit is die boodskap van ons tyd.

In hierdie belangrike saak van die liefde laat God ons egter nie in die duister nie. Ons het ’n hele boek hieroor in die Bybel. Hooglied! Die probleem met Hooglied is natuurlik dat die uitdrukkings wat gebruik word gewortel is in Hebreeuse kultuur, ons verstaan dus dikwels nie die beeldspraak nie. En daarom maak ons grappies oor die boek of lag dit af of dit verveel ons. Maars in werklikheid wil Hooglied vir ons sê waaroor die lewe werklik gaan. Dit is die vonk wat die vuur aanwakker in enige iets wat jy in hierdie lewe sal doen. Dit is die Hooglied, die lied van liedere, die allermooiste lied. Want dit gryp aan, dit plaas die vinger op die diepste wese van ons bestaan en transendeer selfs op die ou end ons aardse bestaan tot die uiteindelike realiteit van die bruilof van die Lam. Hierdie is kragtige woorde. Wanneer ons ons lewe reduseer tot werk en geld is daar werklik niks om ons aan die gang te hou nie. Die lewe benodig skoonheid en liefde. Ons hoor vanoggend dit in Hooglied.

Terwyl ons huidige geslag en ons kinders teen wil en dank meegeneem word in die vaart van ’n kultuur wat op onstuitbare wyse egte liefde en trou en daarby saam die lewe self, met hartstog, sinlikheid en bandeloosheid vervang, moet ons soveel te meer die boodskap van Hooglied vandag hoor.

Baie welkom by ons erediens gelei deur ds. Jaco Nel, ons orreliste Komien van der Westhuizen en al die ouderlinge en diakens van NG Kerk Koringberg. Uit die voorportaal is ’n deur na die moederskamer en daar is toiletgeriewe in die Annex. Ons wens almal ’n geseënde rusdag toe.  

DEUROFFER

16 Februarie                Plaaslike jeug

KENNISGEWINGS

28 Februarie – 1 Mrt.  Gemeente kamp

1 Mrt.                          Gemeente braai by kamp 10:30 (R60 per volwassene en R40 per kind toegang fooi. Betaalbaar vooraf by die kerkkantoor of pastorie)

20 Maart                      Skole sluit

28 Maart                      Funduro

VOORBIDDING EN VERJAARSDAE

Ons dink in ons gebede aan almal wat siek is, in hospitale of tuis

aansterk ná operasies of behandeling: Willem Pretorius, Christo Engelbrecht.

Verjaarsdae:    Anene Theron        17 Feb.

Andrea Truter                                   20 Feb.

Trudie Vosser                                   21 Feb.

Dawie van der Merwe                      22 Feb.

GEMEENTEBEDIENING

Kategese: Gaan uit net na die kindermoment.

Biduur: Die week om Dinsdag 09:30 by Kasteel straat 69

WhatsApp: Om deel van die gemeente se WhatsApp groep te wees kontak asseblief die kerkkantoor

Teebeurte: Almal wat bereid is om tee te maak en te bedien na die diens kan asb. vir Karin Theron kontak (082 578 2294).

Gasvryheid: As jy bereid is om die Koringaar nuusbrief by die deure uit te deel voor die diens, kontak asb. vir ds. Nel .

BARMHARTIGHEID

Sopkombuis: Weeklikse sopkombuis vir jong kinders in gemeenskap. Skenkings is altyd welkom, kontak vir Hester Truter in die verband (082 436 8987).

Kosbank: Kospakkies vir behoeftiges in ons gemeenskap. Kontak vir Andrea Truter vir enige navrae (082 328 1089) hieroor.

Klerebank: Ons benodig klere, skoene en komberse om onder behoeftiges te versprei. Kontak vir Bregda Mostert (083 597 0091)

Dagsorg : Ons vroeë kinderontwikkeling projek. Kontak vir Peter Fourie vir navrae (082 862 8686).

ACVV: Die senior burger koringklub fokus op senior burgers in ons gemeenskap. Kontak asb. vir Lize Steyn (082 263 9434 ).

Nal’ibali: Ons gemeenskap leesprojek. Kontakvir Lize-Maré le Roux kontak (061 109 9336) vir navrae.

TAFELGESPREK

Vraag: Watter nut bring hierdie heerlikheid van ons Hoof Christus vir ons?

Antwoord: Ten eerste dat Hy deur sy Heilige Gees die hemelse gawes in ons, sy lede, uitstort (a). Ten tweede dat Hy ons met sy mag teen alle vyande beskerm en bewaar (b).

(a) Hand 2:33; Ef4:8. (b) Ps 2:9; 110:1, 2; Joh 10:28: Ef 4:8.

Kommentaar