19 Augustus

Die vierde gebod leer ons vanoggend dat ware rus by God te vind is. Dit is egter nie ’n maklike gebod om te verstaan en te gehoorsaam nie. Dit is ’n gebod wat meeste mense ’n bepaalde ongemak mee het. Is die gebod dan nog geldig vandag? Die antwoord wat die Heidelbergse Kategismus vir ons gee in sy uitleg van die 4de gebod is ja en nee. Ja, die morele eis van die gebod is nog geldig, maar die seremoniële eis is vervul in Christus.

Die Sabbat was ’n seremonie wat heen gewys het na iets anders – na die ware rus in Christus. Dus hoef ons nie meer die Saterdag as Sabbat te vier nie, want die ware rus is in Christus volbring. Maar die morele eis bly egter: Ons moet ’n dag in die week uitsit om ons besig te hou met die geestelike van die lewe. Hiervan kan ons nie wegkom nie. Die dag wat die vroeë kerk hiervoor geskik gesien het, was die opstanding dag van ons Here – die Sondag. Mag jy ook vanoggend Sy opstanding opnuut beleef soos ons dit herdenk en ook sien by die doop.

 

BELANGRIKE DATUMS

25 Augustus    Basaar

09 September  Kerkraad bevestiging

14 Oktober      Gemeente ete

 

MEELEWING EN VOORBIDDING

Ons dink in ons gebede aan almal wat siek is, in hospitale of tuis aansterk ná operasies of behandeling, ons bid ook vir ons gemeenskap en land:

Dankie vir reën wat geval het; grondhervorming gesprekke, Bregda Mostert.

 

VERJAARSDAE

20 Augustus:   Stefaans Carstens

24 Augustus:   Koos Smit

25 Augustus:   Dirkie Rust

 

GEMEENTEBEDIENING

 

Kleuterkerk: Gaan uit net na die kindermoment.

Kategese: Net na die erediens in die kerk.

Biduur: Dinsdag aan huis van Gielie en Marie Kellerman (Kasteelstraat 69) om 09:30

Omgeegroep: Dinsdag 18:30 aan huis van Teubes en Bregda Mostert (Hooggeleë)

WhatsApp: Om deel van die gemeente se WhatsApp groep te wees of iets daarop te plaas kontak asseblief vir Bregda Mostert (083 597 0091) of Adèle du Toit (083 954 9524).

 

BARMHARTIGHEID

Sopkombuis: Skenkings van stene, skadunet en ’n tafel word benodig. Kontak vir Hester Truter in die verband (082 436 8987)

Kosbank: Kontak vir Andrea Truter vir enige navrae (082 328 1089) hieroor

Klerebank: Ons benodig klere, skoene en komberse. Kontak vir Bregda Mostert in die verband (083 597 0091)

Dagsorg & SmartStart: Kontak vir Karisa Nel vir navrae (076 522 7767)

ACVV: Vir enige navrae oor die senior burger koringklub kontak asb. vir Lize Steyn (082 263 9434 )

 

KENNISGEWING

Die volgende lidmate is tot die kerkraad verkies. Enige besware teen die verkiesing van een van die bogenoemde lidmate moet skriftelik

aan die kerkraad bekend gemaak word voor die 26ste Augustus:

 

Ouderlinge                                             Diakens

Alex Le Roux (Dorp – herkies)                Emden Vosser (Dorp)

Sakkie du Toit (Hooggeleë)                   Phillip Mostert (Hooggeleë)

Johan Mostert (Bergrivier)                     Louis Carstens (Bergrivier)

Klaus Warnich (Klipvlei)                         Heino Smit (Klipvlei)

Adele du Toit (Vrouediens – herkies)

 

TAFELGESPREK

Vraag: Wat gebied God in die vierde gebod?

Antwoord: God wil Ten eerste dat die Woordbediening en die godsdiensonderrig in stand gehou word (a). Ook moet ek veral op die rusdag ywerig met die gemeente van God saamkom (b) om die Woord van God te hoor (c), die sakramente te gebruik (d), die Here openlik aan te roep (e) en die Christelike liefdegawes te gee (f). Ten tweede moet ek elke dag van my lewe van my bose werke rus, en die Here deur sy Gees in my laat werk. So begin ek die ewige sabbat reeds in hierdie lewe (g).

(a) Tit 1:5; 2 Tim 3:14; 1 Kor 9:13, 14; 2 Tim 2:2; 3:15. (b) Ps 40:10, 11; 68:27; Hand 2:42. (c) 1 Tim 4:13;1Kor 14:29. (d) 1 Kor 11:33. (e) 1 Tim 2:1; 1 Kor:l4:l6. (f) 1 Kor 16:2. (g) Jes 66:23.

Kommentaar