27 Januarie

Die Koringaar                      NG Kerk Koringberg

Johannes 14:5-13

 

’n Woordeskat vir geloof (2): Ek glo in God die Vader

 

Die meeste mense in ons moderne samelewing erken nog dat daar ’n Skepper is, ’n God, ’n Opperwese en dat alle paaie na Hom lei solank jy Hom erken. Maar wat help dit ons tog om ‘n God te erken met wie ons niks te doen het nie? Wat help dit om Hom te erken, maar nie te ken nie?

Kom vanoggend en aanskou hoe groot en wonderlik God se skepping is. Dink daaroor na dat jy deur Hom geskep is. Dat die Drie-enige God jou gevorm het in jou ma se skoot. Omdat God jou skepper is, kan dit tog nie anders as dat jy sekuriteit, vryheid, rus, vrede en geluk in Hom moet vind nie. As jy God as Vader wil hê vanoggend, as jou Hom nie net wil erken as die Skepper nie, maar werklik wil ken, in Hom wil glo en  sy kind wil wees, kyk na die Here Jesus Christus. Want jy kan nie God as Vader ervaar op enige gunstige wyse nie, totdat Christus tussenbeide tree en jou met God versoen nie. Dit is wat ons vanoggend met die Nagmaal ook sien en ervaar.

’n Christen is nie net iemand wat God erken as die skepper nie. Nee, Filippus, jy het die punt gemis sê Jesus. Ek het gekom sodat jy die Vader kan ken. Ken jy God die Vader persoonlik? Het jy deur Christus na Hom gekom?

 

Baie welkom by ons erediens gelei deur ds. Jaco Nel, ons orreliste, Marie van der Merwe en al die ouderlinge en diakens van NG Kerk Koringberg. Uit die voorportaal is ’n deur na die moederskamer en daar is toiletgeriewe in die Annex. Ons wens almal ’n geseënde rusdag toe.

 

 

DEURKOLLEKTE

 

27 Januarie: Plaaslik – barmhartigheid

03 Februarie: Plaaslik – Vrouediens

 

BELANGRIKE DATUMS

 

29 Januarie      Kerkraadsvergadering 19:00

08 Februarie    Gesin braai by Hooggeleë vanaf 17:00

08-10 Maart    Gemeente kamp Dwarskersbos strandoord

30 Maart         Funduro

 

MEELEWING EN VOORBIDDING

 

Ons dink in ons gebede aan almal wat siek is, in hospitale of tuis aansterk ná operasies of behandeling, ons bid ook vir ons gemeenskap en land:

Alwyn Hanekom; die aanstelling van ’n nuwe skriba; onderwysers en leerders met die nuwe skooljaar; familie van tannie Bettie van den Heever wat oorlede is. Ds. Roy Thorne en gesin met sy bevestiging as ouderling vanoggend.

 

GEMEENTEBEDIENING

 

Kleuterkerk: Hervat weer volgende Sondag.

Kategese: Na die diens in die klokkamer.

Biduur / Omgeegroep: Dinsdae om 09:30 by Kasteel straat 69 en 19:00 by Hooggeleë.  Geen omgeegroep die week weens die Kerkraadsvergadering.

WhatsApp: Om deel van die gemeente se WhatsApp groep te wees of iets daarop te plaas kontak asseblief vir Bregda Mostert (083 597 0091) of Adèle du Toit (083 954 9524).

Teebeurte: Almal wat bereid is om tee te maak en te bedien na die diens kan asb. vir Karin Theron kontak (082 578 2294). Vele hande maak ligte werk!

 

BARMHARTIGHEID

Sopkombuis: Weeklikse sopkombuis vir jong kinders in gemeenskap. Skenkings is altyd welkom, kontak vir Hester Truter in die verband (082 436 8987)

Kosbank: Kospakkies vir behoeftiges in ons gemeenskap. Kontak vir Andrea Truter vir enige navrae (082 328 1089) hieroor.

Klerebank: Ons benodig klere, skoene en komberse om onder behoeftiges te versprei. Kontak vir Bregda Mostert (083 597 0091)

Dagsorg & SmartStart: Ons vroeë kinderontwikkeling projek. Kontak vir Karisa Nel vir navrae (076 522 7767)

ACVV: Die senior burger koringklub fokus op senior burgers in ons gemeenskap. Kontak asb. vir Lize Steyn (082 263 9434 ).

Nal’ibali: Ons leesprojek by die plaaslike laerskool. Kontak vir Lize-Maré Le Roux kontak (061 109 9336) vir navrae.

 

KENNISGEWING

 

Gesins geselligheid: Ons wil graag alle gesinne uitnooi na ons gesins geselligheid by Hooggeleë die 8ste Februarie vanaf 17:00. Almal in die omgewing met kinders is welkom. Bykosse en vuur word voorsien, bring net ’n vleisie om te braai en iets te drinke. Daar gaan ’n springkasteel, watersport en vele ander aktiwiteite vir die jongspan wees. RSVP voor 3 Februarie by Jaco (083 269 9668).

Gemeente kamp: Ons wil graag almal uitnooi na ons gemeente kamp by Dwarskersbos strandoord van die 08ste tot die 10de Maart.

Jonk en oud is welkom, daar sal ’n gemaklike kampprogram wees met vele aktiwiteite vir die kleintjies. Elkeen is verantwoordelik vir sy eie bespreking, kos en drinkgoed. Die Saterdagaand se ete sal deur die kerk voorsien word. Kontak asb. die oord vir bespreking by 022 784 0110 / 083 272 4132 of epos na dwarskersbos@bergmun.org.za. Blokbespreking is staanplek nr. 25-34 en 42-50. Sodra jy bespreking gemaak het laat weet asb. vir Lize Steyn (ook as jy elders in Dwarskersbos slaap maar steeds die naweek saam ons deurbring) sodat sy jou naam op ons lys kan plaas (082 263 9434).

 

 

 

NG Kerk Koringberg

FNB Rek. no. 621 390 582 27

 

Leraar: Ds. Jaco Nel: Pastorie: 065 576 2986; Sel: Epos: nelpetrusjacobus@gmail.com.

Skriba: Tertia Visser: Kerkkantoor oop Dinsdae 08:00 – 12:00.

Tel: 022 423 8313; Sel: 083 229 6433; Epos: ngkkoringberg@gmail.com

Koster: Gert de Waal: 078 375 9549

Kerkraad: Voorsitter: Johan Mostert (082 824 8104). Dorp: ouderling Alex le Roux (084 582 8683)  & diaken Emden Vosser (083 655 2414).  Hooggeleë : ouderling Sakkie du Toit (082 208 9122) & diaken Phillip Mostert (073 995 5465). Bergrivier: ouderling Johan Mostert (082 824 8104) & diaken Louis Carstens (074 525 5670). Klipvlei: ouderling Klaus Warnich (084 352 3629) & diaken Heino Smit (082 774 5919). Vroue: Adèle du Toit (083 954 9524)

 

Kommissie voorsitters:

Finansies: Johan Mostert (082 824 8104)

Eiendomme: Klaus Warnich (084 352 3629)

Barmhartigheid: Nikki Loxton (074 252 2245)

Vrouediens: Adèle du Toit (083 954 9524)

Jeug: Lize Steyn (082 263 9434 )

Plaas: Arnold Brand (083 285 7812)

 

Facebook: www.facebook.com/Koringberg-NG-Kerk

Webtuiste: koringberg.ng.org.za

 

 

Kommentaar