27 Mei

BELANGRIKE DATUMS

 

06 Junie            Ringsvroue byeenkoms

12 Junie            Kerkraadsvergadering

25 Augustus     Basaar

 

DEURKOLLEKTE

 

27 Mei             Plaaslike D/O: Bybelgenootskap

03 Junie            Plaaslike D/O: Bybelgenootskap

 

MEELEWING EN VOORBIDDING

Ons dink in ons gebede aan almal wat siek is, in hospitale of tuis aansterk ná operasies of behandeling, ons bid ook vir ons gemeenskap en land:

Dankie vir reën wat geval het; Arnold Brand (Pampoenkraal 2); Anelda Engelbreght en familie met die afsterwe van haar ma.

 

VERJAARSDAE

Ons hartlike gelukwense aan lidmate wat vandag en in die komende week verjaar – ’n seën gebed vir julle:

27 Mei             Jacoba Smit

30 Mei             Mirrie Albertyn

01 Junie           Jacobus du Toit

02 Junie           Jacobus Carstens

02 Junie          Marina Pretorius

 

GEMEENTEBEDIENING

 

Kleuterkerk: Hervat weer volgende Sondag.

Kategese: Hervat weer volgende Sondag.

Vrouediens: Kontak vir Adèle du Toit (083 954 9524) vir enige navrae of inskakeling by die vrouediens.

Biduur: Dinsdag aan huis van Gielie en Marie Kellerman (Kasteelstraat 69) om 09:30.

Teebeurte: As jy bereid is om te help met ’n teebeurt na die erediens, kontak asb. vir Karin Theron (082 578 2294).

WhatsApp: As jy graag op die gemeente se WhatsApp groep wil wees kontak asseblief vir Bregda Mostert (083 597 0091), Adèle du Toit (083 954 9524) of Jaco Nel (083 269 9668). Die groep is om nuus wat betrekking het om die gemeente te deel, ook lief en leed. Moet dit asseblief nie gebruik vir verpspreiding van ketting boodskappe, videos, opnames en boodskappies nie.

 

BARMHARTIGHEID

Sopkombuis: Enige skenkings van sopvleis sal waardeer word. Kontak vir Hester Truter in die verband (082 436 8987).

Kosbank en dagsorg: Kontak vir Andrea Truter vir enige navrae (082 328 1089) hieroor.

 

KENNISGEWINGS

Dankofferinsameling: Soos gebruiklik hierdie tyd van die jaar, is ons diakens nog besig om dankoffers in te samel. Ons wil ons opregte dank hiervoor teenoor almal betuig.

Tafelgesprekke: Moet die mense ook aan die nagmaal toegelaat word wat met hulle belydenis en lewe wys dat hulle ongelowig en goddeloos is?

Antwoord: Nee, want so word die verbond van God ontheilig en sy toorn oor die hele gemeente opgewek (a). Daarom is die Christelike kerk volgens die bevel van Christus en sy apostels verplig om sulke mense met die sleutels van die koninkryk van die hemel uit te sluit, totdat hulle verbetering van hulle lewe bewys.

(a) 1 Kor 11:20, 34; Jes 1:11; 66:3; Jer 7:21; Ps 50:16.

Kommentaar