Die krag van die Woord

Erediens: 15 April 2018: Teks:  2 Konings 4:8-37

Die krag van die Woord

Ons lees in 2 Konings 4 ’n aangrypende verhaal. ’n Vrou wat kinderloos was, word deur die profeet Elisa se bemiddeling swanger en skenk geboorte aan ’n seun. Maar die vreugde oor die wonderkind word gou verander in droefheid: die kind is skielik oorlede.

Die ma steek sy dood eers vir almal weg en haas haar na die berg Karmel waar die man van God, Elisa is. En daar by sy voete stort sy haar hartseer en droefheid uit: “Meneer, het ek van u ‘n seun gevra? Het ek nie gesê: Moenie by my ‘n valse hoop wek nie?” Elisa stuur dan vir Gehasi om sonder aarsel sy staf op die seun se gesig te gaan lê. Maar die moeder is hiermee nie tevrede nie. Sy sê: “So seker as die Here leef en u leef, ek sal u nie toelaat om agter te bly nie.” Hy het opgestaan en saam met haar gegaan.”

By hulle aankoms het Gehasi hulle meegedeel dat die seun nie bygekom het nie, maar toe het Elisa gebid en bo-op die seun gaan lê – mond teen mond, oë teen oë, hande teen hande – toe het hy ’n bietjie rondgeloop in die huis en weer op hom gaan lê en wonderbaarlik het die kind uit die dood opgestaan.

Waarom was Gehasi onsuksesvol om die seun te laat lewe? Waarom hierdie vreemde ritueel? Hoekom dring hierdie vrou daarop aan dat Elisa moet gaan na die kind toe? En hoekom is dit belangrik vir ons vandag?

Hieroor hoor meer vanoggend soos die Skrifte daarvan getuig, as Christus se Gees dit óór hulle historisiteit heen optel en Hom aan ons openbaar.


ANDER EREDIENSTE

 

18 April           Ploegdiens om 07:00

 

DEURKOLLEKTE

 

15 April           Sin D/O: Teologie Kweekskool

22 April           Spes. D/O: Jan Kriel Instituut

 

MEELEWING EN VOORBIDDING

 

Ons dink in ons gebede aan almal wat siek is, in hospitale of tuis aansterk ná operasies of behandeling, ons bid ook vir ons gemeenskap en land:

 

Droogte; regering leiers; gemeenskappe waar onrus en gewelddadige protes heers; moedelose boere.

 

VERJAARSDAE

 

Ons hartlike gelukwense aan lidmate wat vandag en in die komende week verjaar – ’n seën gebed vir julle:

 

15 April           Arnold Brand (0832857812)

15 April           Ina Carstens (0727374386)

15 April           Fanus Kellerman (0826104146)

18 April           Anina Truter

21 April           Marinda Steyn

 

GEMEENTEBEDIENING

 

Kleuterkerk: Hervat weer vanoggend. Kontak vir Lize Steyn (082 263 9434) vir enige navrae.

 

Kategese: Kategese vir hoërskoolleerders of enige iemand wat belangstel sal vanoggend begin. Kontak vir ds. Nel vir enige navrae hieroor.

 

Vrouediens: Kontak vir Adèle du Toit (083 954 9524) vir enige navrae of inskakeling by die vrouediens.

 

Biduur: Dinsdag 24 April aan huis van Gielie en Marie Kellerman (Kasteelstraat 69) om 09:30. Kontak vir vir ds. Nel vir enige navrae.

 

Teebeurte: As jy bereid is om te help met ’n teebeurt na die erediens, kontak asb. vir Karin Theron (082 578 2294).

 

BARMHARTIGHEID

 

Sopkombuis: Die sopkombuis het reeds begin en word Dinsdae en Donderdae bedryf. Enige skenkings van sopvleis sal waardeer word. Kontak vir Hester Truter in die verband (082 436 8987).

 

Kosbank en dagsorg: Kontak vir Andrea Truter vir enige navrae (082 328 1089) hieroor.

 

KENNISGEWINGS

 

Funduro: Baie dankie aan almal wat so hard gewerk het aan die Funduro. ’n Spesiale dankie aan Adèle du Toit en die vrouediens, Frikkie Theron, Stiaan Koch. Pieter Steyn en Heino Smit. Die dag se inkomste staan min of meer op R65 000.

 

Wegbreek: Neem asb. kennis dat ds. Nel vanaf die 17de-19de April weg is op ’n leraars wegbreek is.

Dankofferinsameling: Soos gebruiklik hierdie tyd van die jaar, sal die diakens dankoffers kom insamel. Graag wil ons by u aanbeveel om ’n dankoffer te gee. Ons wil ons opregte dank hiervoor teenoor almal betuig. Mag die Here ons gemeente vanjaar weer hierin help: ons dank aan Hom en aan u elk vir u meelewing en bydraes.

 

Tafelgesprek: Terwyl ons slegs deur die geloof deel aan Christus en al sy weldade kry, waar kom so ’n geloof dan vandaan?

 

Antwoord: Die Heilige Gees werk dit in ons harte (a) deur die verkondiging van die heilige evangelie en versterk dit deur die gebruik van die sakramente (b).

 

(a) Ef 2:8; 6:23; Joh 3:5; Filp 1:29. (b) Matt 28:19; 1 Pet 1:22-23.

 

Kommentaar