Die opgestane Koning (5): Johannes 20:1-18

Om te memoriseer: Romeine 8:11

“11Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.”

Die Woord: Johannes 20:18

18Maria Magdalena het toe vir die dissipels gaan sê: “Ek het die Here gesien!” En sy het ook vertel wat Hy vir haar gesê het.

Oordenking:

In ons gejaag is dit maklik om vlugtig die Woord deur te lees eerder as om dit in te neem. Maar tog glo ons hierdie is die geïnspireerde Woord van God. Neem ‘n oomblik om stil te staan, dank God vir die Skrif en vra Hom om met jou deur hulle te praat vandag.

Maria Magdalena lyk met die eerste oogopslag na ’n onwaarskynlike kandidaat vir Jesus om te kies as die eerste persoon wat Hom sou sien en proklameer as opgestaan. Lukas sê immers (Lukas 8:2) dat Jesus met hulle eerste ontmoeting sewe demone uit haar gedryf het! Het sy nie ’n swak reputasie gehad nie? Is dit die tipe persoon wat mens vertrou om die primêre getuie te wees van so ’n groot gebeurtenis?

Tim Keller wys op die wysheid van Christus deur Maria vir hierdie eer te kies:

There is no clearer way Jesus Christ could be saying on Easter Sunday that his salvation comes to people not on the basis of pedigree, not on the basis of merit, not on the basis of religion, not on the basis of morality, not on the basis of achievement. [Here] is what he is trying to show us. The person who [understands] her weakness most profoundly is the one who, when she experiences the love of Jesus Christ, becomes the most profoundly fearless.

In die wysheid van God was Maria die perfekte keuse vir daardie sending. Die totaliteit van haar lewenservaring, verlig deur God se genade, het haar God se keuse gedoen. God kon enigiemand gekies het, maar Hy kies die van wie ons dit nie verwag nie. Ten spyte van al Maria se tekortkominge het God haar gebruik en so onwaarskynlik soos dit mag wees, is dit ook waar vir elkeen van ons.

God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. (Efesiërs 2:10)

Nadenke vir die week:

Wanneer ons na die opstanding kyk vind ons vryheid om ander te dien. Deur Christus se voorbeeld is ons vry om ander te dien in die mees radikale, liefdevolste manier waarop hy ons gedien het. Mag jy ook deur Christus se opstanding aangespoor word om ander te dien.

Gebed:

Vir jou hart: Bid dat jy Jesus Christus se liefde mag ken.

Vir jou kerk: Bid dat die kerk ’n gemeenskap sal wees waar mense soos Maria welkom is.

Vir ons gemeenskap: Bid dat Christene die nuus van die opstanding soos Maria vreesloos sal verkondig omdat ons self die opgestane Christus ontmoet het.

Kommentaar