Erediens 20 Januarie 2019

Erediens: 20 Januarie gelei deur ds. Roy Thorne

1 Korintiërs 12:1-12

Hoofstukke 12-14 handel oor hoe die gawes van die Gees in die Gemeente in Korinte gefunksioneer het met die siening dat die gawe van tale (in ‘n toestand van ekstase)  as die tale van engele oorbeklemtoon is. Daar was ‘n siening dat die een gawe verhewe bo die ander was en eredienste onverstaanbaar geraak het. Paulus begin met basiese belydenis dat elke kind van God deur die Heilige Gees bely dat Jesus die Here is. Dit kan slegs deur die H.G. geskied

Die tekening van God Drie Enig lig hy uit deur drie woorde vir God te gebruik  in v 4-6 nl.  GEES , HERE ,GOD. Die drie name word gekoppel aan die gawes om aan die een kant die verskeidenheid van gawes te beklemtoon en aan die ander kant die inherente eenheid van die gawes te beklemtoon omdat die God een wese is Die verskeidenheid van die gawes is bedoel om tot voordeel van almal in die liggaam gebruik te word. Daarmee hoop Paulus dat gelowiges sal ophou om gawes te vergelyk met mekaar en dat dit gebruik sal word tot stigting en opbou van  die een liggaam van Christus.

Die samehang van gelowiges  met hulle gawes in die een liggaam beteken dat daar nie verdeeldheid kan wees nie. Hy doen dit  met die beeld van ‘n liggaam wat inter afhanklik is. As daar eenheid is, kan lede met integriteit  gelyke sorg dra vir mekaar onder andere  deur mense wat spesifieke take ontvang het.. Nie almal het alle gawes ontvang nie maar almal het ‘n gawe en alle gawes is ondergeskik aan die gawe van liefde wat aan almal gegee is en daaroor handel 1 Kor. 13.

Kommentaar