Eredienste vlak 3

Geagte gemeente

Die kerkraad het gister (02 Junie) vergader en ons is baie dankbaar dat die Here dit so beskik het dat ons weer bymekaar mag kom. Ons het besluit om Sondag weer ons eredienste om 09:00 te hervat. Ons mag nou wel nie saamsing nie, maar onder leiding van Komien sal daar steeds musiek wees, die beplanning vir die diens is nog in die wording…

Saam met die groot dankbaarheid kom daar ook nou groot verantwoordelikheid. Ons glo elke lidmaat sal so optreedat ons nie ons eie of ander se lewe in gevaarstel nie. Die kerk sal al die nodige regulasies nakom, maar neem asb. van die volgende kennis: Ons gaan net een ingang gebruik (langs konsistorie), jy sal nie ’n register hoef in te vul nie – ons sal self register hou, reiniging van hande (met trapper) en neem van temperatuur (op ‘n afstand) sal by die deure geskied, daar sal geen gemeente sang wees nie, die kerkbanke is afgeskort om genoeg spasie te verseker, geen bank of deurkollekte sal opgeneem word nie, slegs ’n houtboks by ingang / uitgang sal vir dankoffers geplaas word waarin jy ’n koevert kan plaas. Geen kategese sal gehou word nie en die maksimum bywoning is beperk tot 50 persone, wat ons nie sommer sal oorskry nie. Al die gewone regulasies soos die dra van ’n masker geld steeds.

Ons is nog besig om ’n datum vir die Nagmaal vas te stel en ons voorlopige gedagte is dat elkeen sy/haar eie brood en wyn vir die Nagmaal sal bring. Die digitale inisiatiewe wat tans as “impakspeler” moes geld sal steeds positief gebruik word. Lidmate wat nie die dienste kan bywoon nie sal kan inskakel op ons lewendige uitsending via ons Facebook-blad wat ons later ook op ons webtuiste sal plaas.

Die kerkkantoor bly vir eers toe, Lize werk van die huis af, kontak haar dus gerus.

Groete tot Sondag

Kommentaar