Gee die Woord vrye teuels

Erediens: 29 April 2018: Teks:  Nehemia 8

“Die dringendste behoefte in die Christelike Kerk vandag is ware prediking; en omdat dit die grootste behoefte in die Kerk is, is dit natuurlik ook die grootste behoefte in die wêreld.” – Martyn Lloyd-Jones

Martin Luther en sy tydgenote sou mens kon sê was die “celebrities” van hul dag. As daar ’n Huisgenoot destyds was, sou Luther waarskynlik ’n paar keer die voorblad gehaal het. Tog moet ons erken dat predikers en prediking nie meer vandag so invloedryk is as destyds nie. Dat prediking ook nie meer so sentraal tot ons lewe en aanbidding staan nie. Ons eredienste is vandag korter, kleiner en minder as destyds. Die dae waarvan Lloyd-Jones praat toe prediking nog gesien was as die mees dringendste behoefte van die kerk en die wêreld is lank verby.

In Nehemia 8 word ons herinner dat predeking belangrik is omdat dit die manier is hoe geloof aan ons bemiddel word, en daarom is ‘n terugkeer na die sentraliteit van die kansel miskien juis nodig vandag. Miskien moet ons weer soos Luther dit gestel het, “die Woord vrye teuels gee.”

Prediking was immers nie net die Hervormers se uitdinksel. Ons lees in Nehemia 8 dat Esra reeds duisende jare voor Luther “die wet voor die gemeente gebring het… Hy het daaruit voorgelees… op ‘n houtverhoog…wat vir dié doel gemaak was… hoër…as die hele gemeente…en… die betekenis weergegee sodat die mense kon verstaan.”

 

ANDER EREDIENSTE

10 Mei             Hemelvaart diens om 08:00

13 – 18 Mei:    Pinkster om 19:00

27 Mei:            Nagmaal

 

DEURKOLLEKTE

29 April           Sin D/O: Studente bearbeiding

06 Mei             Plaaslike D/O: Sopkombuis

 

MEELEWING EN VOORBIDDING

 

Ons dink in ons gebede aan almal wat siek is, in hospitale of tuis aansterk ná operasies of behandeling, ons bid ook vir ons gemeenskap en land:

Droogte; regering leiers; gemeenskappe waar onrus en gewelddadige protes heers; moedelose boere, seën vir die planttyd, Alwyn Hanekom (Taaibosvlei); Gielie en Marie Kellerman (Kasteelstraat 69) met die afsterwe van sy suster.

 

VERJAARSDAE

Ons hartlike gelukwense aan lidmate wat vandag en in die komende week verjaar – ’n seën gebed vir julle:

03 Mei             Maggie Louw

03 Mei             Nadine Rust

 

GEMEENTEBEDIENING

Kleuterkerk: Weens die langnaweek is daar geen kleuterkerk nie.

Kategese: Weens die langnaweek is daar geen kategese nie.

Vrouediens: Kontak vir Adèle du Toit (083 954 9524) vir enige navrae of inskakeling by die vrouediens.

Biduur: Geen biduur die week weens langnaweek.

Teebeurte: As jy bereid is om te help met ’n teebeurt na die erediens, kontak asb. vir Karin Theron (082 578 2294).

 

BARMHARTIGHEID

Sopkombuis: Die sopkombuis het reeds begin en word Dinsdae en Donderdae bedryf. Enige skenkings van sopvleis sal waardeer word. Kontak vir Hester Truter in die verband (082 436 8987).

Kosbank en dagsorg: Kontak vir Andrea Truter vir enige navrae (082 328 1089) hieroor.

 

KENNISGEWINGS

Dankofferinsameling: Soos gebruiklik hierdie tyd van die jaar, sal die diakens dankoffers kom insamel. Graag wil ons by u aanbeveel om ’n dankoffer te gee. Ons wil ons opregte dank hiervoor teenoor almal betuig. Mag die Here ons gemeente vanjaar weer hierin help: ons dank aan Hom en aan u elk vir u meelewing en bydraes.

Tafelgesprekke: SONDAG 25 Heidelbergse Kategismus

Vraag 65: Terwyl ons slegs deur die geloof deel aan Christus en al sy weldade kry, waar kom so ‘n geloof dan vandaan?

Antwoord: Die Heilige Gees werk dit in ons harte (a) deur die verkondiging van die heilige evangelie en versterk dit deur die gebruik van die heilige sakramente (b).

(a) Ef 2:8; 6:23; Joh 3:5; Fil 1:29. (b) Matt 28:19; 1 Pet 1:22, 23.

Vraag 67: Is die Woord en die sakramente albei daarvoor bestem om ons geloof op die offer van Christus aan die kruis as die enigste grond van ons saligheid te wys?

Antwoord: Ja seker, want die Heilige Gees leer ons in die evangelie en verseker ons deur die sakramente dat ons volle saligheid op die enige offer van Christus rus wat aan die kruis vir ons gebring is (a).

(a) Rom 6:3; Gal 3:27.

 

Kommentaar