Herstel jou vertroue

⛪Met die opening van die skole agter die rug en al ons vergaderings vir die eerste kwartaal afgehandel hoor ons môre uit Hebreërs 1: 1-4 hoe om die jaar met vertroue vêrder in te gaan. Die hele brief is eintlik geskryf vir moedelose gelowiges wat met geloof en met die kerk wil tou opgooi. 👪Die kategese begin ook weer môre met ’n kort vergadering na die tyd vir ouers in die konsistorie. 📖Die jong werkende Bybelstudie kom weer die week, Woensdag 24 Feb. om 19:00 byeen en 🍞die Nagmaal wat einde Januarie moes plaasvind is aangeskuif tot die 28ste Februarie.

Kommentaar