Lewe in die midde van dood

08 April 2018: Teks: 1 Konings 16:29-17:24.

Elia verskyn op die toneel tydens ’n kritieke stadium in Israel se geskiedenis. Hy tree op tydens koning Agab se regering en die Skrif getuig dat “Agab, die seun van Omri, het gedoen wat kwaad is in die oë van die Here, meer as al sy voorgangers.” Agab is dus ’n koning van besonders boosheid in die geskiedenis van Israel. Hy is die maatstaaf van ongehoorsaamheid aan God.

Dan is dit amper asof die Here sê: “tot hier toe en nie vêrder nie”. En Elia verskyn dan op die toneel, amper van nêrens af nie. Die Here stuur vir Elia met ’n boodskap na Agab: “daar sal geen dou of reën in hierdie jare wees nie.” Hiermee daag die Here die soewereiniteit van die afgod Baäl, die god van reën en vrugbaarheid uit. Dit is amper asof die skrywer wil vra: “wie is nou eintlik in beheer?”

En te midde van hierdie verskriklike oordeel van God wat oor die land kom hoor ons ook van Sy barmhartigheid. Want ook Elia gaan gebuk onder die droogte, die water by die Kritspruit droog op en tog voorsien God vir Sy profeet. Ook in Sarfat voorsien God, nie net vir Elia nie, maar ook vir die weduwee en haar seun. Ook toe die seun sterf is dit die Here wat hom terugbring na die lewe.

Maar wat beteken hierdie verhaal vir ons vandag? Ons hoor in die gedeelte iets oor die krag van God in Sy Woord, in Sy heiligheid, in Sy barmhartigheid en Sy krag in die midde van die dood.

Hieroor hoor ons meer vanoggend soos die Skrifte daarvan getuig, as Christus se Gees dit óór hulle historisiteit heen optel en Hom aan ons openbaar.

ANDER EREDIENSTE

 

18 April           Ploegdiens om 07:00

 

DEURKOLLEKTE

 

08 April           Plaaslike D/O: Sopkombuis

15 April           Sin D/O: Teologie Kweekskool

 

MEELEWING EN VOORBIDDING

 

Ons dink in ons gebede aan almal wat siek is, in hospitale of tuis aansterk ná operasies of behandeling, ons bid ook vir ons gemeenskap en land:

Christoff, Andrea, Ian, Emke en Anina Truter met die afsterwe van Christoff se suster (Pampoenkraal); Anita Steyn (Brakfontein) droogte; regering leiers; gemeenskappe waar onrus en gewelddadige protes heers; moedelose boere.

 

VERJAARSDAE

 

Ons hartlike gelukwense aan lidmate wat vandag en in die komende week verjaar – ’n seën gebed vir julle:

 

10 April                       Elsabé van der Westhuizen (0731469087)

13 April                       Hendrik Mostert (0725002507)

14 April                       Alwyn Carstens (0727374386)

14 April                       Chris van der Westhuizen

 

GEMEENTEBEDIENING

Kleuterkerk: Hervat weer 15 April. Kontak vir Lize Steyn (082 263 9434) vir enige navrae.

Kategese: Kategese vir hoërskoolleerders of enige iemand wat graag belydenis van geloof wil aflê sal die 15de April begin. Kontak vir ds. Nel vir enige navrae hieroor.

Vrouediens: Kontak vir Adèle du Toit (083 954 9524) vir enige navrae of inskakeling by die vrouediens.

Biduur: Dinsdag 17 April aan huis van Gielie en Marie Kellerman (Kasteelstraat 69) om 09:30. Kontak vir vir ds. Nel vir enige navrae.

 

BARMHARTIGHEID

Sopkombuis: Die sopkombuis het reeds begin en word Dinsdae en Donderdae bedryf. Enige skenkings van sopvleis sal waardeer word. Kontak vir Hester Truter in die verband (082 436 8987).

Kosbank en dagsorg: Kontak vir Andrea Truter vir enige navrae (082 328 1089) hieroor.

 

KENNISGEWINGS

 

Besoekers: Hartlik welkom by ons.  Daar is ’n vormpie in die voorportaal wat jy kan invul. Plaas dit in die sakkie saam met jou offergawes as die diakens dit ombring sodat ons met jou kan opvolg.

Funduro: Baie dankie aan almal wat so hard gewerk het aan die Funduro. ’n Spesiale dankie aan Adèle du Toit en die vrouediens, Frikkie Theron, Stiaan Koch. Pieter Steyn en Heino Smit wat leiding geneem het met die reëlings. Ons wag nog vir die presiese syfers maar die dag se inkomste staan min of meer op R65 000.

Dankofferinsameling: Soos gebruiklik hierdie tyd van die jaar, sal die diakens dankoffers kom insamel. Graag wil ons by u aanbeveel om ’n dankoffer te gee. Ons wil ons opregte dank hiervoor teenoor almal betuig. Mag die Here ons gemeente vanjaar weer hierin help: ons dank aan Hom en aan u elk vir u meelewing en bydraes.

Tafelgesprek: Wat baat dit ons dat ons weet dat God alles geskep het en dit nog deur sy voorsienigheid onderhou? Dat ons in alle teëspoed geduldig (a) en in voorspoed dankbaar (b) kan wees. Verder dat ons ook vir die toekoms ‘n vaste vertroue in ons getroue God en Vader (c) kan stel dat geen skepsel ons van sy liefde sal skei nie (d), aangesien alle skepsels so in sy hand is dat hulle sonder sy wil nie kan roer of beweeg nie (e). (a) Rom 5:3; Jak 1:3; Ps 39:10; Job 1:21, 22. (b) 1 Tess 5:18; Deut 8:10. (c) Ps 55:23; Rom 5:4. (d) Rom 8:38, 39. (e) Job 1:12; 2:6; Spr 21:1; Hand 17:2.

 

Kommentaar