‘n Herinnering wat God in die verlede gedoen het

Hab.3: Dit partykeer belangriker vir ons om te weet wat God in die verlede gedoen het, as om te vra na wat God se plan is vir ons vandag. Die feit dat Christus gesterf het, is belangriker as die feit dat ons eendag sal sterf. Die feit dat Jesus uit die dood opgestaan het, is die enigste hoop dat jy ook uit die dood op sal staan. Verlossing lê nie in jou lewensgeskiedenis nie, maar slegs in die geskiedenis van Jesus Christus. Slegs hy wat homself laat vind in Jesus Christus, in Sy inkarnasie, Sy kruis en Sy opstanding, is met God en God met hom.

Kommentaar