‘n Weg uit wanhoop

Erediens 19 Julie om 09:00: Teks: Klaagliedere 3:21. ‘n Weg uit wanhoop. Daar is soveel dinge wat die lewe swaar maak wat ons nie, maar net kan ignoreer nie. Ons kan maar net dink aan die huidige pandemie en die gesondheids en ekonomies impak daarvan. Dink aan die politieke probleme in ons land, aan die misoeste van die afgelope paar jare, aan persoonlike omstandighede, Miskien is dankbaarheid iets wat jy tans moeilik vind om uit jou hart te kry, om in jou hart te vind: na misoeste, na mislukkings, na hartseer, na teleurstellings. Wat moet mens doen as jy jouself in hierdie posisie bevind? Jeremia wys vir ons ’n weg uit die wanhoop.

Kommentaar