Vreemde vuur

🍇Môre is ons eerste Nagmaal vir die jaar. Ons teks is Levitikus 10:1-20, oor hoe die Here Nadab en Abihu verteer het toe hulle die heiligdom ingegaan het. Die implisiete vraag is hoe ons die Here moet nader en hoe ons vrymoedigheid kan verkry om wel aan Sy tafel môre te sit. 👥Die kategese gaan ook voort môre en in die kerk sal die kinders iets hoor oor die twee offers van Kain en Abel. Hoekom word Abel se offer aanvaar? 📄Ons herinner ook aan tenders wat ingewag word vir die huur van die plaas Brakwater Tenderdokumente is verkrygbaar by die Kerkkantoor en moet voor 17h00 op 10 Maart 2021 by die Kerkkantoor ingehandig word. 📖Daar sal hierdie week wat kom geen midweek Bybelstudie wees nie, wel die week daarna op die 10de Maart weer waar ons verder gaan uit Galasiërs.

Kommentaar