Wees waaksaam

Pinkster (7): “Ek begeer dat God nie vir ons sal wees soos ’n reisende man wat afdraai om maar te bly vir ’n nag nie, maar dat Hy meer en meer Sy Gees oor ons sal uitstort en nie meer van ons sal weggaan nie…”

Jubel in God se trou

Pinkster (6): Mens moet nie dieselfde ding oor en oor doen en ander resultate verwag nie. Tog is dit presies wat Habakuk ons leer: “Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee … [Read more…]

Gooi tou op

Woordeskat vir geloof (5): Die Christelike geloof wil jou regtig tot op die punt bring om te sê: ek gee nou moed op. Ek kan myself nie hier uitkry nie. Ek is nou klaar geprobeer. So dit is nie, maar net ’n erkenning van jou ellende nie, dit is nie, maar net om jou sonde … [Read more…]

Lewe deur die geloof

As ons daaroor nadink, sal ons insien dat ons neerslagtigheid altyd daarmee saamhang dat ons geloof buite rekening laat. Ons dink oor die lewe buite die geloof om, buite Christus om, buite God om. Solank ons sonder geloof na die donker kante van die lewe kyk, is hulle inderdaad somber en hopeloos.

“Here roep U werk in die lewe”

“Ons sien dat God getrou is en dat Hy nooit die beloftes wat Hy aan Sy kerk gemaak het vergeet nie. Dat Hy die dowwe lamppit nie sal uitblus nie, selfs al lyk dit of die oorstromings dit oorweldig, maar dat Hy die vlam weer sal laat herleef selfs in die donkerste tye.”

Die nuwe normaal

Hemelvaart is vir die kerk ‘n keerpunt, ‘n nuwe normaal. En waar die nuwe normaal van Covid-19 van ons vra om alles te doen om die verspreiding van die virus te verlangsaam, vra die nuwe normaal van Hemelvaart dat ons alles sal doen om die evangelie te versprei