Dien die gemeenskap (2): Jeremia 29:1-14

Om te memoriseer: Jesaja 60:1

en soek die vrede van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, en bid daarvoor tot die Here; want in die vrede daarvan sal julle vrede hê.

Die Woord: Jeremia 29:1-4

4So sê die Here van die leërskare, die God van Israel, aan al die ballinge wat Ek uit Jerusalem na Babel in ballingskap weggevoer het: 5 Bou huise en woon, en plant tuine aan en eet die vrugte daarvan; 6neem vroue en verwek seuns en dogters, en neem vroue vir julle seuns en gee julle dogters aan mans, dat hulle seuns en dogters baar; en vermenigvuldig daar, en moenie verminder nie;

Oordenking:

In ons gejaag is dit maklik om vlugtig die Woord deur te lees eerder as om dit in te neem. Maar tog glo ons hierdie is die geïnspireerde Woord van God. Neem ‘n oomblik om stil te staan, dank God vir die Skrif en vra Hom om met jou deur hulle te praat vandag.

Dit mag lyk dat toe God sy mense in ballingskap na Babel gestuur het, dit niks meer was as koue wraak vir hulle onreg en afgodery nie.

God was kwaad en met reg. Deur teen Hom te sondig het sy mense nie net hulle self skade aangedoen nie, maar het ook ’n onreg gepleeg teenoor hulle wat hul veronderstel was om te seën. Hulle nasie, deur die belofte wat eeue terug gemaak was aan hulle voorvader Abraham, was gekies en geseën deur God om tot seën vir die wêreld te wees:

“2En Ek sal jou ’n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ’n seën sal wees. 3 En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word (Genesis 12:2-3).”

Die volk wat Abraham sou lei moes God se goedheid in die wêreld beliggaam. Jerusalem moes die heerlike stad van God wees waartoe die nasies sou stroom. Maar in plaas daarvan, het die mense so in afgodery  en onreg verval dat hulle net soos die nasies geword het wat hulle omring het. Sou God nie ingetree het nie, sou hulle gedisintegreer het en sy belofte aan Abraham en sy kinders sou verewig gebreek gewees het.

Ballingskap was God se goddelike keuse vir sy afvallige volk. Maar, soos ons gister gehoor het, het hy hulle nie daar verlaat nie. Hy het hulle eerder geseën. Hy sê vir hulle om huise te bou, tuine te lê en kinders te baar. God het alles voorsien wat nodig was tydens hulle lang verblyf (sewentig jaar) in Babel.

Dit is die liefde van ons Hemelse Vader. Omdat God liefde is (1 Johannes 4:8), is selfs sy tugtiging bedoel om liefde te herstel. Hierdie liefde is die fondasie vir sy verhouding tot ons en die bron van ons verhoudings met mekaar. Dit is die grondslag van die ewige shalom (vrede) wat begin skyn het toe die Seun van God, die Lig van die Wêreld, die wêreld se donkerte op die kruis oorwin het.

Nadenke vir die week:

Hoe word jy geroep om die gemeenskap te dien en sodoende God te verheerlik? Hoe roep God jou om jou gawes te gebruik? Verbind jouself die week om jou werk te doen nie bloot uit gewoonte nie, maar tot diens van die stad en tot heerlikheid van God.

Gebed:

Vir jou hart: Bid dat God jou hart sal lei om ’n seën tot ander te wees.

Vir jou kerk: Bid dat God die kerk sal bewaar daarvan om net verbruikers van die gemeenskap te wees en ons sal wys hoe ons die gemeenskap eerder kan dien.

Vir ons stad: Bid vir hoop en vrede in ons gemeenskap en ’n nuwe gees van optimisme en verandering.

 

Kommentaar