Dien die gemeenskap (3): Jeremia 29:1-14

Om te memoriseer: Jeremia 29:7

en soek die vrede van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, en bid daarvoor tot die Here; want in die vrede daarvan sal julle vrede hê.

Die Woord: Jeremia 29:7

en soek die vrede van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, en bid daarvoor tot die Here; want in die vrede daarvan sal julle vrede hê.

Oordenking:

In ons gejaag is dit maklik om vlugtig die Woord deur te lees eerder as om dit in te neem. Maar tog glo ons hierdie is die geïnspireerde Woord van God. Neem ‘n oomblik om stil te staan, dank God vir die Skrif en vra Hom om met jou deur hulle te praat vandag.

In gister se gedeelte het ons gehoor dat God se straf op sy afvallige volk nie net sleg was nie, maar ook tot ’n seëning gedien het. Hulle was geseën ten spyte van hulle gevangenskap in Babel – met tuine, kinders en huise.

Maar God se rede vir die verbanning van sy mense het nie geëindig met ’n herstelde verhouding met hulle nie. Hy het hulle sekerlik geseën, maar hy wou ook hê hulle moes ’n seëning wees aan hulle in wie se land hulle gevangenes was: om hulleself in diens te stel vir die welvaart van die Babiloniërs sou ’n Babel na vore bring waarin hulleself sou floreer.

Was die Babiloniese ballingskap ’n straf? Natuurlik was dit. Maar dit was die tipe straf wat herstel tot gevolg wou hê – dieselfde manier waarop ’n liefdevolle pa sy kinders dissiplineer om sodoende sy kinders van ’n groter ramp te spaar. Soos ons vroeër in die week gesien het, was die mense van Juda self vernietigend. Deur Sy perfekte balans van dissipline en seën, was God besig om sy mense terug te trek en te oefen om die dinge te doen wat hulle veronderstel was om te doen in hulle eie land: om Hom lief te hê en hulle naaste soos hulself.

Ons moet onthou dat ballingskap nie altyd straf is nie, maar ’n baie algemene ervaring in ’n gebroke wêreld. Dit is maklik om verlore en uit plek uit te voel partykeer. Maar ons het genoeg rede om te glo dat God saam met ons gaan deur ons ballingskap (Jesaja 43:2), net soos Hy teenwoordig was by Sy mense in Babel. Waarookal ons onsself bevind, die oproep bly dieselfde: om die God lief te hê wat belowe om ons nooit te verlaat nie (Deut. 31:8); en om ons naaste lief te hê soos onsself (Lev.19:18).

Nadenke vir die week:

Hoe word jy geroep om die gemeenskap te dien en sodoende God te verheerlik? Hoe roep God jou om jou gawes te gebruik? Verbind jouself die week om jou werk te doen nie bloot uit gewoonte nie, maar tot diens van die gemeenskap en tot heerlikheid van God.

Gebed:

Vir jou hart: Bid dat jy God se teenwoordigheid mag ken maak nie saak deur wat jy gaan in die lewe nie.

Vir jou kerk: Bid dat God die kerk sal vergader as ’n hegte gemeenskap wat werklik omgee vir mekaar en mekaar dien.

Vir ons gemeenskap: Bid dat Christene ook die moderne sekulêre gemeenskap sal dien, om sodoende ’n gemeenskap te skep waarin almal kan floreer en God verheerlik word.

Kommentaar