Dien die gemeenskap (4): Jeremia 29:1-14

Om te memoriseer: Jeremia 29:7

en soek die vrede van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, en bid daarvoor tot die Here; want in die vrede daarvan sal julle vrede hê.

Die Woord: Jeremia 29:7

en soek die vrede van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, en bid daarvoor tot die Here; want in die vrede daarvan sal julle vrede hê.

Oordenking:

In ons gejaag is dit maklik om vlugtig die Woord deur te lees eerder as om dit in te neem. Maar tog glo ons hierdie is die geïnspireerde Woord van God. Neem ‘n oomblik om stil te staan, dank God vir die Skrif en vra Hom om met jou deur hulle te praat vandag.

Toe God sy wil vir sy volk uitgespreek het om ’n seëning te wees vir hulle Babiloniese heersers, het Hy twee bevele gegee: soek en bid vir hulle vrede.

Twee vrae kan by ons opkom op hierdie punt. Hoekom beveel God sy mense om te bid vir die vrede van Babel en ook nog om die vrede te soek? Sal dit nie genoeg vir hulle wees om net die vrede te soek nie? Hoekom moet hulle nog tot God bid ook daarvoor? Het God werklik ’n uitnodiging nodig om ook te deel in die werk van vrede? Of sê God hierdeur; “doen wat jy kan doen en vra My vir die oorblywende?” Die kort sinnetjie, “en bid daarvoor tot die Here”, kan ’n mens nogal deurmekaarmaak.

Ons weet dat God nie ’n raadgewer nodig het om op te tree nie. Die profeet Jesaja vra retories, “Wie het die Gees van die Here bestier en as sy raadsman Hom onderrig? Met wie het Hy raad gehou, dat dié Hom verstand sou gee en Hom sou leer aangaande die pad van die reg…(Jesaja 40:13-14).”

God sê egter ook nie “doen jou deel en dan doen ek myne nie.”’ Jesus het dit duidelik gemaak duur analogie:

“Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie…As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry (Johannes 15:5,7).”

Christus sê dat ’n persoon slegs ’n agent van sy werk kan wees as daardie persoon verenig is met Hom soos ’n loot aan ’n wynstok is. Wanneer hierdie tipe vereniging gebeur is daar ’n verenigde doel. Die een wat bid vra dat God se wil moet geskeid en God werk deur ’n mense wie se hart verenig is met Sy eie wil.

God se doel in hierdie geval vir sy volk is dat hulle hul heersers (vyande) moet seën. Dit sou sekerlik nie natuurlik gekom het vir die verdrukte ballinge van Juda nie. Deur te vereis dat hulle so bid, het God hulle iets oor Homself vertel. Die God wat mens sou word en sy lewe sou gee vir sy vyande, was besig om sy volk uit te nooi om hulle harte hiermee te belyn.

Nadenke vir die week:

Hoe word jy geroep om die gemeenskap te dien en sodoende God te verheerlik? Hoe roep God jou om jou gawes te gebruik? Verbind jouself die week om jou werk te doen nie bloot uit gewoonte nie, maar tot diens van die gemeenskap en tot heerlikheid van God.

Gebed:

Vir jou hart: Oordink dit dat Jesus sy lewe afgelê het vir sy vyande. Bid dan vir die Here dat jy ook sal lief wees vir jou vyande.

Vir jou kerk: Bid vir eenheid in die kerk, dat die kerk so verenig sal wees aan Christus soos ’n loot aan ’n wynstok.

Vir ons gemeenskap: Bid dat die gemeenskap sal floreer om ’n seëning te wees vir almal wat daarin woon.

Kommentaar