01 Julie

BELANGRIKE DATUMS

 

23 Julie            Finansiële komissie en dagbestuur vergadering

24 Julie            Eiendom komissie vergadering

25 Julie            Communitas induksie (kerkraad)

26 Julie            Barmhartigheid komissie vergadering

29 Julie            Kategese vergadering

05 Augustus    Nagmaal en Wyksbraaie

07 Augustus    Kerkraadsvergadering

25 Augustus    Basaar

 

DEURKOLLEKTE

 

01 Julie            Plaaslike D/O: Eeufeesfonds

08 Julie            Plaaslike D/O: Kosbank

 

MEELEWING EN VOORBIDDING

Ons dink in ons gebede aan almal wat siek is, in hospitale of tuis aansterk ná operasies of behandeling, ons bid ook vir ons gemeenskap en land:

Dankie vir reën wat geval het; Arnold Brand (operasie); VGK Kaapland Sinode; Arno, Berdeen en gesin met die afsterwe van sy ma.

 

VERJAARSDAE

 

Geen verjaarsdae hierdie week!

 

GEMEENTEBEDIENING

 

Kleuterkerk: Hervat weer na die vakansie

Kategese: Hervat weer na die vakansie

Vrouediens: Kontak vir Adèle du Toit (083 954 9524) vir enige navrae of inskakeling by die vrouediens.

Biduur: Dindsdae aan huis van Gielie en Marie Kellerman (Kasteelstraat 69) om 09:30. Hervat weer na die vakansie

Omgeegroep: Dinsdae om 18:30 by Hooggeleë. Hervat weer na die vakansie.

WhatsApp: As jy graag op die gemeente se WhatsApp groep wil wees kontak asseblief vir Bregda Mostert (083 597 0091), Adèle du Toit (083 954 9524) of Jaco Nel (083 269 9668).

 

BARMHARTIGHEID

 

Sopkombuis: Enige skenkings van sopvleis sal waardeer word. Kontak vir Hester Truter in die verband (082 436 8987)

Kosbank en dagsorg: Kontak vir Andrea Truter vir enige navrae (082 328 1089) hieroor

Smart Start: ‘n Platvorm vir vroeë kinderontwikkeling. Dit bied toegang tot kwaliteit, bekostigbare leergeleenthede vir die armste 40% van 3-4 jarige kinders in Suid-Afrika. Smartstart lei vroue op om mikro-ondernemings te begin deur die aanbied van intellektuele stimulasie in speelprogramme vir kinders. Die vroue moet weekliks twee Smartstart speelgroepe aanbied (‘n speelgroep het tussen 6 en 12 kinders) van drie ure elk. Smartstart bied gratis opleiding en ondersteuning. Indien jy van enige vroue weet wat graag hierby betrokke sal wil raak, kontak asb. vir ds. Jaco so gou moontlik.

 

TAFELGESPREK

Is God dan nie ook barmhartig nie?

Antwoord: God is wel barmhartig (a); maar Hy is ook regverdig (b). Daarom eis sy geregtigheid dat die sonde wat teen die allerhoogste majesteit van God gedoen is; ook met die swaarste straf gestraf moet word dit is met die ewige straf aan liggaam en siel.

a) Eks 34:6, 7; 20:6. (b) Ps 7:10; Eks 20:5; 23:7; 34:7; Ps 5:5, 6; Nah 1:2, 3.

Kommentaar