03 Maart

Erediens: 03 Maart 2019

 

Lukas 10:38-42

 

Een ding is nodig

Maar Jesus antwoord en sê vir haar: Martha Martha, jy is besorgd en verontrus oor baie dinge; maar een ding is nodig… (Lukas 10:41-42).

Met Jesus se besoek aan hulle huis haal Martha alles oorhoop. Lukas beklemtoon dit: “sy was baie besig om alles klaar te maak.” Op voedsel en drank het sy nie gespaar nie, net die beste was voorgesit vir hierdie Gas wat hulle kom besoek het. Daar was sekerlik ook ander mense in die huis, maar aan hulle het Martha nie die sorg oorgelaat nie, sy wou alles self doen. Dit was dus nie maar net bedien nie, maar ’n hele onrustige besigheid. Martha loop waarskynlik met sigbare besorgdheid en onrustigheid op en af in die huis. Niks is soos sy dit wil hê nie.

As ons Martha gevra het waarom sy dit alles doen sou sy sekerlik geantwoord het: omdat ek Jesus die volle eer en volle sorg wil gee. En dit was seker ook so, maar soos dikwels gebeur, ook in ons eie lewe, was hier ander faktore wat ook meegewerk het aan hierdie sorg en noukeurigheid van Martha. Sy is nie verniet so besig nie. As mens dinge vir jouself so verskriklik swaar en moeilik maak sit daar altyd iets daaragter. Mens wil iets daarmee bereik. So ook Martha, al sou sy dit nie erken nie.

Wat lê agter hierdie optrede van Martha en hoe lei Jesus haar na die evangelie? Hieroor meer vanoggend.

 

 

Baie welkom by ons erediens gelei deur ds. Jaco Nel, ons orreliste Anneline en al die ouderlinge en diakens van NG Kerk Koringberg. Uit die voorportaal is ’n deur na die moederskamer en daar is toiletgeriewe in die Annex. Ons wens almal ’n geseënde rusdag toe.

 

DEURKOLLEKTE

 

03 Maart: Barmhartigheid

10 Maart: Barmhartigheid

 

BELANGRIKE DATUMS

 

08-10 Maart    Gemeente kamp Dwarskersbos strandoord

15 Maart         Skole sluit

30 Maart         Funduro

02 April           Skole Open

03 April           Ploegdiens

 

VOORBIDDING EN VERJAARSDAE

 

Ons dink in ons gebede aan almal wat siek is, in hospitale of tuis aansterk ná operasies of behandeling, ons bid ook vir ons gemeenskap en land:

Alwyn Hanekom; Tertia Visser met haar afskeid as skriba vandag en Lize Steyn wat as nuwe skriba verwelkom word, gemeentekamp.

 

GEMEENTEBEDIENING

 

Kleuterkerk: Sluit vandag af vir die kwartaal.

Biduur / Omgeegroep: Skuif na Woensdae om 09:00 by Kasteel straat 69 en 19:00 by Hooggeleë. Geen omgeegroep die week

WhatsApp: Om deel van die gemeente se WhatsApp groep te wees of iets daarop te plaas kontak asseblief die kerkkantoor (sien onder)

Teebeurte: Almal wat bereid is om tee te maak en te bedien na die diens kan asb. vir Karin Theron kontak (082 578 2294). Vele hande maak ligte werk!

 

BARMHARTIGHEID

Sopkombuis: Weeklikse sopkombuis vir jong kinders in gemeenskap. Skenkings is altyd welkom, kontak vir Hester Truter in die verband (082 436 8987)

Kosbank: Kospakkies vir behoeftiges in ons gemeenskap. Kontak vir Andrea Truter vir enige navrae (082 328 1089) hieroor.

Klerebank: Ons benodig klere, skoene en komberse om onder behoeftiges te versprei. Kontak vir Bregda Mostert (083 597 0091)

Dagsorg & SmartStart: Ons vroeë kinderontwikkeling projek. Kontak vir Karisa Nel vir navrae (076 522 7767)

ACVV: Die senior burger koringklub fokus op senior burgers in ons gemeenskap. Kontak asb. vir Lize Steyn (082 263 9434 ).

Nal’ibali: Ons leesprojek by die plaaslike laerskool. Kontak vir Lize-Maré Le Roux kontak (061 109 9336) vir navrae.

 

KENNISGEWING

Gemeente kamp: Ons wil graag almal uitnooi na ons gemeente kamp by Dwarskersbos strandoord van die 08ste tot die 10de Maart.

Jonk en oud is welkom, daar sal ’n gemaklike kampprogram wees met vele aktiwiteite vir die kleintjies.

Elkeen is verantwoordelik vir sy eie bespreking, kos en drinkgoed. Die Saterdagaand se ete sal deur die kerk voorsien word. Kontak asb. die oord vir bespreking by 022 784 0110 / 083 272 4132 of epos na dwarskersbos@bergmun.org.za. Blokbespreking is staanplek nr. 25-34 en 42-50. Sodra jy bespreking gemaak het laat weet asb. vir Lize Steyn (ook as jy elders in Dwarskersbos slaap maar steeds die naweek saam ons deurbring) sodat sy jou naam op ons lys kan plaas (082 263 9434). As jy nie kan kom kamp nie, probeer dan net vir die Saterdag deurkom en saam met ons kuier.

Kommentaar