08 Maart

Kanselruiling met NG Kerk Hopefield

Baie welkom aan ds. Clifford James van die NG Kerk Hopefield. Ons bid jou die Here se seën toe op die verkondiging van die heilige evangelie vanoggend.

DEUROFFER

08 Maart                      Plaaslike jeug

KENNISGEWINGS

6-7 Maart                    Piketberg NG Kerk fontein fees

20 Maart                      Skole sluit

28 Maart                      Funduro

31 Maart                      Skole open

10 – 13 April               Paasnaweek

15 April                       Ploegdiens

Ons sopkombuis het hierdie week begin. Enige skenkings sal waardeer word! Kontak asb. vir Hester Truter in die verband (082 436 8987).

Baie welkom by ons erediens gelei deur ds. Clifford James, ons orreliste Marie van der Merwe en al die ouderlinge en diakens van NG Kerk Koringberg. Uit die voorportaal is ’n deur na die moederskamer en daar is toiletgeriewe in die Annex. Ons wens almal ’n geseënde rusdag toe.  

VOORBIDDING EN VERJAARSDAE

Ons dink in ons gebede aan almal wat siek is, in hospitale of tuis

aansterk ná operasies of behandeling: Willem Pretorius, Hennie Pretorius, Christo Engelbrecht, Coenie van Niekerk, Chris Hanekom, Lize Steyn

Verjaarsdae     Christopher Nel                                2 Mrt.

FG du Toit                                        3 Mrt.

Francois Kellerman                           3 Mrt.

Jaco Mostert                                      3 Mrt.

Barend Brand                                    4 Mrt.

Adriaan Nel                                       12 Mrt.

Baie geluk aan Heino en Franselle Smit met die geboorte van hul kleintjie. Ons is saam met julle bly.

GEMEENTEBEDIENING

Kategese: Gaan weer voort vanoggend

Biduur: Dinsdag om 09:30 by Kasteel straat 69

WhatsApp: Om deel van die gemeente se WhatsApp groep te wees kontak asseblief die kerkkantoor

Teebeurte: Almal wat bereid is om tee te maak en te bedien na die diens kan asb. vir Karin Theron kontak (082 578 2294).

Gasvryheid: As jy bereid is om die Koringaar nuusbrief by die deure uit te deel voor die diens, kontak asb. vir ds. Nel .

BARMHARTIGHEID

Sopkombuis: Weeklikse sopkombuis vir jong kinders in gemeenskap. Skenkings is altyd welkom, kontak vir Hester Truter in die verband (082 436 8987).

Kosbank: Kospakkies vir behoeftiges in ons gemeenskap. Kontak vir Andrea Truter vir enige navrae (082 328 1089) hieroor.

Klerebank: Ons benodig klere, skoene en komberse om onder behoeftiges te versprei. Kontak vir Bregda Mostert (083 597 0091)

Dagsorg : Ons vroeë kinderontwikkeling projek. Kontak vir Peter Fourie vir navrae (082 862 8686).

ACVV: Die senior burger koringklub fokus op senior burgers in ons gemeenskap. Kontak asb. vir Lize Steyn (082 263 9434 ).

Nal’ibali: Ons gemeenskap leesprojek. Kontakvir Lize-Maré le Roux (061 109 9336) vir navrae.

TAFELGESPREK

Vraag: Wat glo jy van die heilige, algemene, Christelike kerk?

Antwoord: Dat die Seun van God (a) uit die hele menslike geslag (b) vir Hom ‘n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is (c), deur sy Gees en Woord (d) in die eenheid van die ware geloof (e) van die begin van die wêreld af tot die einde toe (f) vergader, beskerm en onderhou (g) en dat ek daarvan ‘n lewende lid is (h) en ewig sal bly (i).

  • Ef 5:26; Joh 10:11; Hand 20:28; Ef 4:11-13. (b) Gen 26:4; Op 5:9. (c) Rom 8:29; Ef 1:10-13. (d) Jes. 59:21; Rom 1:16; 10:14-l7; Ef 5:26. (e) Hand 2:42, Ef4:3-5. (f) Ps 71:17, 18; Jes 59:21; 1 Kor 11:26. (g) Matt. 16:18; Joh 10:28-30; Ps 129:1-5. (h) 1 Joh 3:I4, 19-21; 2 Kor 13:5; Rom 8:l0. (i) Ps 23:6; 1 Kor 1:8, 9; Joh. 10:28; 1 Joh 2:19; 1 Pet 1:5.

Vraag: Wat verstaan jy onder die gemeenskap van die heiliges?

Antwoord: Ten eerste dat die gelowiges, almal saam en elkeen afsonderlik, as lede met die Here Christus gemeenskap en aan al sy skatte en gawes deel het (a). Ten tweede dat elkeen verplig is om sy gawes gewillig en met vreugde tot nut en saligheid van die ander lede aan te wend (b).

  • 1 Joh 1:3; Rom 8:32; 1 Kor 12:12, I3; 1 Kor 6:17. (b) 1 Kor 12:21; 13:1, 5; Fil 2:4-8.

Kommentaar