1 Maart 2020

Teks:Jeremia 8: 4-17

’n Belangrike les van trekvoëls

Selfs ‘n groot sprinkaanvoël aan die hemel ken sy bepaalde tye, en ‘n tortelduif en ‘n swaweltjie en ‘n kraanvoël neem die tyd van hulle koms in ag; maar my volk ken die reg van die Here nie (Jer. 8:7).

God praat met ons vanoggend deur die voorbeeld van vier voëls. Hierdie vier voëls verskil baie van mekaar. Party is groot en ander klein. Party vlieg vinnig en ander stadig. Maar wat hulle verenig is dat hulle almal trekvoëls is. Hulle almal pak twee lang togte aan jaarliks, tussen die winter en somerklimaat. 

Hieruit kan ons leer sê Jeremia. Hy sê hierdie voëls neem die tyd van hulle koms in ag; maar my volk ken die reg van die HERE nie. Al hierdie voëls weet wanneer om te begin trek, hulle weet wanneer om die lang tog aan te pak. Die punt is dit: hulle ken die tyd van hulle koms, hulle weet wanneer om te trek. Hulle het een of ander instink, ’n ingeboude wet, om te weet wanneer die tyd reg is.

Hierdie is egter nie ’n biologie les nie. Die Bybel is nie ’n wetenskap handboek nie. Dit wil vir ons iets geestelik leer hier. En daarom, leer van die voëls vanoggend.

Baie welkom by ons erediens gelei deur ds. Jaco Nel, ons orreliste Komien van der Westhuizen en al die ouderlinge en diakens van NG Kerk Koringberg. Uit die voorportaal is ’n deur na die moederskamer en daar is toiletgeriewe in die Annex. Ons wens almal ’n geseënde rusdag toe.  

DEUROFFER

01 Maart                      Eeufeesfonds

KENNISGEWINGS

1 Mrt.                          Gemeente braai by kamp 10:30 (R60 per volwassene en R40 per kind toegang fooi.)

6-7 Maart                    Piketberg fontein fees

20 Maart                      Skole sluit

28 Maart                      Funduro

VOORBIDDING EN VERJAARSDAE

Ons dink in ons gebede aan almal wat siek is, in hospitale of tuis

aansterk ná operasies of behandeling: Willem Pretorius, Hennie Pretorius, Christo Engelbrecht, Coenie van Niekerk, Chris Hanekom, Lize Steyn

Baie geluk aan Heino en Franselle Smit met die geboorte van hul kleintjie. Ons is saam met julle bly.

GEMEENTEBEDIENING

Kategese: Gaan uit net na die kindermoment.

Biduur: Woensdag om 09:30 by Kasteel straat 69

WhatsApp: Om deel van die gemeente se WhatsApp groep te wees kontak asseblief die kerkkantoor

Teebeurte: Almal wat bereid is om tee te maak en te bedien na die diens kan asb. vir Karin Theron kontak (082 578 2294).

Gasvryheid: As jy bereid is om die Koringaar nuusbrief by die deure uit te deel voor die diens, kontak asb. vir ds. Nel .

BARMHARTIGHEID

Sopkombuis: Weeklikse sopkombuis vir jong kinders in gemeenskap. Skenkings is altyd welkom, kontak vir Hester Truter in die verband (082 436 8987).

Kosbank: Kospakkies vir behoeftiges in ons gemeenskap. Kontak vir Andrea Truter vir enige navrae (082 328 1089) hieroor.

Klerebank: Ons benodig klere, skoene en komberse om onder behoeftiges te versprei. Kontak vir Bregda Mostert (083 597 0091)

Dagsorg : Ons vroeë kinderontwikkeling projek. Kontak vir Peter Fourie vir navrae (082 862 8686).

ACVV: Die senior burger koringklub fokus op senior burgers in ons gemeenskap. Kontak asb. vir Lize Steyn (082 263 9434 ).

Nal’ibali: Ons gemeenskap leesprojek. Kontakvir Lize-Maré le Roux (061 109 9336) vir navrae.

TAFELGESPREK

Vraag: Uit hoeveel dele bestaan die ware bekering van die mens?

Antwoord: Uit twee dele: die afsterwing van die ou mens en die opstanding van die nuwe mens (a).

  • Rom 6:1, 4-6; Ef4:22-24; Kol 3:5, 6, 8-10; 1 Kor 5:7; 2 Kor 7:10.

Vraag: Wat is die afsterwing van die ou mens?

Antwoord: Dit is ‘n hartlike berou daaroor dat ons God deur ons sondes vertoorn het en daarom hoe langer hoe meer die sonde haat en daarvan wegvlug (a).

  • Rom 8:13; Joël 2:13; Hos 6:1.

Vraag: Wat is die opstanding van die nuwe mens?

Antwoord: Dit is ‘n hartlike vreugde in God deur Christus (a) en ‘n lus en liefde om volgens die wil van God in alle goeie werke te lewe (b). (a) Rom 5:1; 14:17; Jes 57:15. (b) Rom 6:10, 11; Gal 2:20.

Vraag: Wat is goeie werke?

Antwoord: Slegs die wat uit ‘n ware geloof (a), volgens die Wet van God (b), tot sy eer gedoen word (c) en nie die wat op ons goeddunke of op oorgelewerde gebruike van mense gegrond is nie (d). (a) Rom 14:23. (b) Lev 18:4; 1 Sam 15:22; Ef 2:10. (c) 1 Kor 10:31. (d) Eseg 20:18, 19; Jes 29:13; Matt. 15:7-9.

Kommentaar