16 September

Respek vir gesag

Ons gaan vanoggend weer voort met die wet, die riglyne van God vir ’n gelukkige lewe. Waar ons verlede maand afgesluit het met die eerste tafel (die liefde tot God), begin ons vanoggend met die tweede tafel (die liefde tot die naaste).

Ons moet nie daarby verby kyk dat die vyfde gebod die eerste van die gebooie is oor ons liefde tot ons naaste nie: dit is die fondasie waarop gehoorsaamheid aan al die gebooie wat volg rus. Die gesin is die fondasie van enige samelewing, die kerk in die kleine. Hoe sien ons nog die rol van ouers en van kinders in ons samelewing? Is die norme en waardes wat gesinne saambind nog dieselfde as wat God vir ons voorhou in Sy Woord? Daar is geen twyfel dat die Bybelse lering oor die gesin vandag vanaf alle kante af aangeval word nie.

Die interessanter vraag natuurlik is hoekom die gesin soos ons dit ken – ’n instelling wat duisende generasies al bestaan – skielik in hierdie eeu tot ’n (amperse) einde kom. Is dit bloot veranderende norme en waardes? En, indien wel, hoekom het hierdie norme en waardes skielik verander?

Meer hieroor vanoggend soos die Gees weereens die Skrif bo sy historisiteit heen optel en Christus aan ons openbaar.

 

DEURKOLLEKTE

16 September: ACVV Senior burgers

23 September: Sinodaal gemeente ontwikkeling

 

BELANGRIKE DATUMS

10 Oktober      Oesdiens

14 Oktober      Gemeente ete

15 Oktober      Ringsitting

28 Oktober      Nagmaal

 

Ons wag nog op ’n finale bedrag vir die basaar, hou die spasie dop!

 

MEELEWING EN VOORBIDDING

Ons dink in ons gebede aan almal wat siek is, in hospitale of tuis aansterk ná operasies of behandeling, ons bid ook vir ons gemeenskap en land:

Dankie vir reën wat geval het; vir ’n suksesvolle basaar, grondhervorming gesprekke, oestyd; Bregda Mostert; Mirrie Albertyn.

 

VERJAARSDAE

18 September: Willem Pretorius

20 September: Hester Truter

20 September: Klaus Warnich

21 September: Tronell Brand

 

GEMEENTEBEDIENING

Kleuterkerk: Gaan uit en na die kindermoment

Kategese: Net na die erediens in die kerk

Biduur: Dinsdag 09:30 by Kasteel straat 69

Omgeegroep: Dinsdag 18:30 by Hooggeleë

WhatsApp: Om deel van die gemeente se WhatsApp groep te wees of iets daarop te plaas kontak asseblief vir Bregda Mostert (083 597 0091) of Adèle du Toit (083 954 9524).

Gemeente ete: Kaartjies vir die gemeente ete van 14 Oktober sal van vandag af beskikbaar wees by kerkraadslede of by die kerkkantoor. Koste is R70pp (R60 vir pensionarisse en kinders onder 12)

 

BARMHARTIGHEID

Sopkombuis: Weeklikse sopkombuis vir jong kinders in gemeenskap. Skenkings is altyd welkom, kontak vir Hester Truter in die verband (082 436 8987)

Kosbank: Kospakkies vir behoeftiges in ons gemeenskap. Kontak vir Andrea Truter vir enige navrae (082 328 1089) hieroor.

Klerebank: Ons benodig klere, skoene en komberse om onder behoeftiges te versprei. Kontak vir Bregda Mostert (083 597 0091)

Dagsorg & SmartStart: Ons vroeë kinderontwikkeling projek. Kontak vir Karisa Nel vir navrae (076 522 7767)

ACVV: Die senior burger koringklub fokus op senior burgers in ons gemeenskap. Kontak asb. vir Lize Steyn (082 263 9434 ).

 

TAFELGESPREK

Vraag: Wat eis God in die vyfde gebod?

Antwoord: Ek moet my vader en moeder en almal wat oor my gestel is, alle eer, liefde en trou bewys. Aan hulle goeie leer en tug moet ek my met die verskuldigde gehoorsaamheid onderwerp (a). Ook moet ek met hulle gebreke geduld hê (b), omdat God ons deur hulle wil regeer (c). (a) Ef 6:1, 2, 5; Kol 3:18, 20, 22; Ef 5:22; Spr 1:8; 4:1; 15:20; 20:20; Eks 21:17; Rom 13:1. (b) Spr 23:22; Gen 9:24;1 Pet 2:18. (c) Ef 6:4, 9; Kol 3:20; Rom 13:2, 3; Matt 22:21:

Kommentaar