17 Mei

BELANGRIKE DATUMS

 

22 Junie           Skole sluit

23 Julie            Finansiële komissie en dagbestuur vergadering

24 Julie            Eiendom komissie vergadering

26 Julie            Barmhartigheid komissie vergadering

29 Julie            Kategese vergadering

05 Augustus    Nagmaal en Wyksbraaie

07 Augustus    Kerkraadsvergadering

25 Augustus    Basaar

 

DEURKOLLEKTE

 

17 Junie           Spesiale D/O: Insitituut vir blindes

24 Junie           Plaaslike D/O: Sopkombuis

 

MEELEWING EN VOORBIDDING

 

Ons dink in ons gebede aan almal wat siek is, in hospitale of tuis aansterk ná operasies of behandeling, ons bid ook vir ons gemeenskap en land:

Dankie vir reën wat geval het; Arnold Brand (operasie); geluk aan Sakkie du Toit met die voltooing van die Comrades

 

VERJAARSDAE

Ons hartlike gelukwense aan lidmate wat verlede week verjaar het en en in die komende week verjaar – ’n seën gebed vir julle:

 

10 Junie           Anna-Marie van der Merwe

11 Junie           Angelique de Villiërs

11 Junie           Teubes Mostert

19 Junie           Hester Mostert

24 Junie           Limarie Steyn

 

GEMEENTEBEDIENING

 

Kleuterkerk: Gaan uit net na die kindermoment en sluit vandag af

Kategese: Net na die erediens

Vrouediens: Kontak vir Adèle du Toit (083 954 9524) vir enige navrae of inskakeling by die vrouediens.

Biduur: Dinsdag aan huis van Gielie en Marie Kellerman (Kasteelstraat 69) om 09:30

Omgeegroep: Dinsdag om 18:30 by Hooggeleë. Kontak vir Bregda Mostert (083 597 0091) indien jy hier wil inskakel

Teebeurte: As jy bereid is om te help met ’n teebeurt na die erediens, kontak asb. vir Karin Theron (082 578 2294).

WhatsApp: As jy graag op die gemeente se WhatsApp groep wil wees kontak asseblief vir Bregda Mostert (083 597 0091), Adèle du Toit (083 954 9524) of Jaco Nel (083 269 9668).

 

BARMHARTIGHEID

 

Sopkombuis: Enige skenkings van sopvleis sal waardeer word. Kontak vir Hester Truter in die verband (082 436 8987)

Kosbank en dagsorg: Kontak vir Andrea Truter vir enige navrae (082 328 1089) hieroor

 

TAFELGESPREK

Wat is ‘n ware geloof? Antwoord: ‘n Ware geloof is nie alleen ‘n vasstaande kennis waardeur ek alles wat God in sy Woord aan ons geopenbaar het (a) vir waar aanvaar nie, maar ook ‘n vaste vertroue (b) wat die Heilige Gees (c) deur die evangelie in my hart werk (d), naamlik dat God nie net aan ander nie, maar ook aan my uit loutere genade, slegs op grond van die verdienste van Christus (e), vergewing van sondes, ewige geregtigheid en saligheid (f) geskenk het.

(a) Jak 2:19. (b) Heb 11:1, 7; Rom 4:18-21; 10:10; Ef 3:12; Heb 4:16; Jak 1:6. (c) Gal 5:22; Matt 16:17; 2 Kor 4:13; Joh 6:29; Ef 2:8; Fil 1:19; Hand 16:14. (d) Rom 1:16; 10:17; 1 Kor 1:21; Hand 10:44; 16:14. (e) Ef. 2:8; Rom 3:24; 5:19; Luk 1:77, 78. (f) Rom 1:17; Gal 3:11; Heb 10:10, 38; Gal 2:16.

Kommentaar