23 Februarie

Teks:Lev. 25: 8-17, Jesaja 61:1-3, Lukas 4:16-30

Die genadejaar van die Here

Uiteindelik het Jesus in Nasaret aangekom. En op die Sabbat is die mense na die sinagoge om na Hom te luister. Die preek wat Jesus op hierdie Sabbat gehou het, was baie kort. Hy sê net vir hulle dat die Woord wat Hy uit Jesaja gelees het nie meer profesie is nie, hierdie is nou werklikheid! Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul. Julle armes, bedroefdes, blindes, rig julle hoofde op en laat julle deur Jesus vind. Hy het hulle laat hoor dat God, in Sy ontferming, vir Hom gestuur het, wat met die Gees van die Here vervul is en wat in staat is om te genees en te verlos. Hierdie Skrifwoord is nou vervul. Hier staan dit vanoggend: tasbaar en werklik in julle midde.

Dit kan met ons ook gebeur, dat ons al jare na die evangelie luister, Sondag na Sondag, preek na preek, sonder dat jy vir een oomblik begin besef dat dit jou raak. Dat jyself die gevangene is wat verlos moet word. Jesus sê van die verlore seun dat hy tot “homself” gekom het. Om tot jouself te kom is om die toestand van jou eie lewe te besef. Om te ontwaak en te weet waar jy staan. Hier in die sinagoge in Nasaret was baie mense wat geluister het, maar nie een het die werklikheid van hulle bestaan met die Woord van God gekonfronteer nie. Die eis van die evangelie het hulle gedink kom tot iemand anders. Jesus se oproep is egter aan jou: wees tog arm, sien tog jou sonde, ken tog jou ellende.

’n Mens kan die mooi, vertroostende, belowende woorde van die Skrif gretig en met blydskap aanhoor, terwyl ’n mens met jou eie ellende op ’n eerbiedige afstand bly. Maar hoor tog vanoggend, hierdie blye boodskap is vir jou.

Baie welkom by ons erediens gelei deur ds. Jaco Nel, ons orreliste Komien van der Westhuizen en al die ouderlinge en diakens van NG Kerk Koringberg. Uit die voorportaal is ’n deur na die moederskamer en daar is toiletgeriewe in die Annex. Ons wens almal ’n geseënde rusdag toe.  

DEUROFFER

23 Februarie                Plaaslike barmhartigheid

KENNISGEWINGS

28 Februarie – 1 Mrt.  Gemeente kamp

1 Mrt.                          Gemeente braai by kamp 10:30 (R60 per volwassene en R40 per kind toegang fooi. Betaalbaar vooraf by die kerkkantoor of pastorie)

6-7 Maart                    Piketberg fontein fees

20 Maart                      Skole sluit

28 Maart                      Funduro

VOORBIDDING EN VERJAARSDAE

Ons dink in ons gebede aan almal wat siek is, in hospitale of tuis

aansterk ná operasies of behandeling: Willem Pretorius, Hennie Pretorius, Christo Engelbrecht, Coenie van Niekerk, Angenita Hanekom, Nikki Loxton.

Verjaarsdae:   

Charl Hugo                                         23 Feb.

Francois van der Merwe                     24 Feb.

Hennie Pretorius                                 25 Feb.

Lize-Mare le Roux                              26 Feb.

Lize Steyn                                           26 Feb.

Martin Saayman                                  28 Feb.

GEMEENTEBEDIENING

Kategese: Gaan uit net na die kindermoment.

Biduur: Woensdag om 09:30 by Kasteel straat 69

WhatsApp: Om deel van die gemeente se WhatsApp groep te wees kontak asseblief die kerkkantoor

Teebeurte: Almal wat bereid is om tee te maak en te bedien na die diens kan asb. vir Karin Theron kontak (082 578 2294).

Gasvryheid: As jy bereid is om die Koringaar nuusbrief by die deure uit te deel voor die diens, kontak asb. vir ds. Nel .

BARMHARTIGHEID

Sopkombuis: Weeklikse sopkombuis vir jong kinders in gemeenskap. Skenkings is altyd welkom, kontak vir Hester Truter in die verband (082 436 8987).

Kosbank: Kospakkies vir behoeftiges in ons gemeenskap. Kontak vir Andrea Truter vir enige navrae (082 328 1089) hieroor.

Klerebank: Ons benodig klere, skoene en komberse om onder behoeftiges te versprei. Kontak vir Bregda Mostert (083 597 0091)

Dagsorg : Ons vroeë kinderontwikkeling projek. Kontak vir Peter Fourie vir navrae (082 862 8686).

ACVV: Die senior burger koringklub fokus op senior burgers in ons gemeenskap. Kontak asb. vir Lize Steyn (082 263 9434 ).

Nal’ibali: Ons gemeenskap leesprojek. Kontakvir Lize-Maré le Roux (061 109 9336) vir navrae.

TAFELGESPREK

Wat is die vierde bede? Antwoord: Gee ons vandag ons daaglikse brood. Dit is: Versorg ons met alles wat vir die liggaam nodig is (a), sodat ons daardeur erken dat U die enigste Bron is van alles wat goed is (b), en dat al ons sorge en arbeid en ook u gawes sonder u seën ons nie kan baat nie (c). Gee daarom dat ons ons vertroue van alle skepsele aftrek, en op U alleen stel (d). (a) Ps 145:15; 104:27; Matt 6:26. (b) Jak 1:17; Hand 14:17; 17:27. (c) 1 Kor 15:58; Deut 8:3; Ps 37:16; 127:1, 2. (d) Ps 55:23; 62:11; 146:3; Jer 17:5, 7.

Kommentaar