23 September

Ons leef in ’n samelewing waar lewe nie as iets kosbaars beskou word nie. Daar gaan feitlik geen dag verby waarin nie berig word hoeveel mense in die afgelope vier-en-twintig uur gewelddadig gesterf het nie. Daar was omtrent 100 gestremdes verlede jaar wat deur die regering vir die dood gelaat was, daar was 20 306 moorde verlede jaar en plaasmoorde neem ook jaarliks toe. Maar dit is maar ’n druppel in die emmer van moorde in Suid-Afrika. Sedert die wettiging van aborsie in 1997 is nagenoeg 200 000 ongebore baba’s in Suid-Afrika vermoor.

Is dit die tipe samelewing wat ons geword het? ’n Samelewing waar ons besluit watter lewe is kosbaar en watter nie? ’n Samelewing waar ons ongewenste kinders, ongewenste bejaardes, ongewenste armes en enige ongewenstes uit die samelewing verwyder? Is alle lewe nog vir ons kosbaar omdat die mens in God se beeld geskape is?

Dit maak egter ’n groot verskil in die samelewing as daar ’n beduidende aantal mense is wat hulleself nie deur die kwaad laat beheers nie, maar die kwaad deur die goeie oorwin. Ons kan dit slegs doen wanneer ons ons eie skuld, ons haat en woede en afguns voor God bely en na ons Here Jesus vlug. Ook vir ons, vir moordenaars, vir vroue wat al ’n aborsie ondergaan het, is daar genade by God, jy moet maar net vanoggend na die Here Jesus vlug.

 

DEURKOLLEKTE

23 September: Sinodaal gemeente ontwikkeling

30 September: Kansa

 

BELANGRIKE DATUMS

10 Oktober      Oesdiens

14 Oktober      Gemeente ete

15 Oktober      Ringsitting

28 Oktober      Nagmaal

 

Ons wag nog op ’n finale bedrag vir die basaar, hou die spasie dop!

 

MEELEWING EN VOORBIDDING

 

Ons dink in ons gebede aan almal wat siek is, in hospitale of tuis aansterk ná operasies of behandeling, ons bid ook vir ons gemeenskap en land:

Dankie vir reën wat geval het, oestyd; Bregda Mostert; Mirrie Albertyn, Alwyn Hanekom.

 

VERJAARSDAE

26 September: Marnus Engelbreght

29 September: Johan Mostert

 

GEMEENTEBEDIENING

Kleuterkerk: Hervat weer na die skoolvakansie

Kategese: Net na die erediens in die kerk

Biduur: Dinsdag 09:30 by Kasteel straat 69

Omgeegroep: Dinsdag 18:30 by Hooggeleë

WhatsApp: Om deel van die gemeente se WhatsApp groep te wees of iets daarop te plaas kontak asseblief vir Bregda Mostert (083 597 0091) of Adèle du Toit (083 954 9524).

Gemeente ete: Kaartjies vir die gemeente ete van 14 Oktober sal van vandag af beskikbaar wees by kerkraadslede of by die kerkkantoor. Koste is R70pp (R60 vir pensionarisse en kinders onder 12)

 

BARMHARTIGHEID

Sopkombuis: Weeklikse sopkombuis vir jong kinders in gemeenskap. Skenkings is altyd welkom, kontak vir Hester Truter in die verband (082 436 8987)

Kosbank: Kospakkies vir behoeftiges in ons gemeenskap. Kontak vir Andrea Truter vir enige navrae (082 328 1089) hieroor.

Klerebank: Ons benodig klere, skoene en komberse om onder behoeftiges te versprei. Kontak vir Bregda Mostert (083 597 0091)

Dagsorg & SmartStart: Ons vroeë kinderontwikkeling projek. Kontak vir Karisa Nel vir navrae (076 522 7767)

ACVV: Die senior burger koringklub fokus op senior burgers in ons gemeenskap. Kontak asb. vir Lize Steyn (082 263 9434 ).

 

TAFELGESPREK

Vraag: Wat eis God in die sesde gebod?

Antwoord: Ek mag nie self en ook nie deur iemand anders my naaste onteer, haat, beledig of doodmaak nie. Ek mag dit nie met my gedagtes, woorde of gebare doen nie en nog minder met die daad (a). Ek moet alle wraaksug laat vaar (b). Ek mag ook myself nie kwaad aandoen of moedswillig in gevaar begewe nie (c). Daarom dra die owerheid die swaard om doodslag te weer (d).

(a) Matt 5:21, 22; 26:52; Gen 9:6. (b) Ef 4:26; Rom 12:I9; Matt 5:25;18:35. (c) Rom 13:14; Kol 2:23; Matt 4:7. (d) Gen 9:6; Eks 21:14; Matt 26:52; Rom 13:4.

Kommentaar