24 Junie

BELANGRIKE DATUMS

 

22 Junie           Skole sluit

28 Junie           Diaconia vergadering 09:30

23 Julie            Finansiële komissie en dagbestuur vergadering

24 Julie            Eiendom komissie vergadering

25 Julie            Communitas induksie (kerkraad)

26 Julie            Barmhartigheid komissie vergadering

29 Julie            Kategese vergadering

05 Augustus    Nagmaal en Wyksbraaie

07 Augustus    Kerkraadsvergadering

25 Augustus    Basaar

 

DEURKOLLEKTE

 

24 Junie           Plaaslike D/O: Sopkombuis

01 Julie            Plaaslike D/O: Eeufeesfonds

 

MEELEWING EN VOORBIDDING

 

Ons dink in ons gebede aan almal wat siek is, in hospitale of tuis aansterk ná operasies of behandeling, ons bid ook vir ons gemeenskap en land:

Dankie vir reën wat geval het; Arnold Brand (operasie); VGK Kaapland Sinode

 

VERJAARSDAE

Ons hartlike gelukwense aan lidmate wat verlede week verjaar het en en in die komende week verjaar – ’n seën gebed vir julle:

 

24 Junie           Limari Steyn

28 Junie           Apie Albertyn

29 Junie           Letta Hugo

30 Junie           Christo Engelbrecht

 

GEMEENTEBEDIENING

 

Kleuterkerk: Hervat weer volgende kwartaal

Vrouediens: Kontak vir Adèle du Toit (083 954 9524) vir enige navrae of inskakeling by die vrouediens.

Biduur: Dindsdag aan huis van Gielie en Marie Kellerman (Kasteelstraat 69) om 09:30. Afsluiting vir die kwartaal

Omgeegroep: Hervat weer volgende kwartaal.

WhatsApp: As jy graag op die gemeente se WhatsApp groep wil wees kontak asseblief vir Bregda Mostert (083 597 0091), Adèle du Toit (083 954 9524) of Jaco Nel (083 269 9668).

 

BARMHARTIGHEID

 

Sopkombuis: Enige skenkings van sopvleis sal waardeer word. Kontak vir Hester Truter in die verband (082 436 8987)

Kosbank: Kontak vir Andrea Truter vir enige navrae (082 328 1089) hieroor

 

TAFELGESPREK

Wat is die belangrikste doel van die mense se lewe?

Antwoord: Om God deur wie die mens geskape is te leer ken.

Wat is die redes waarom jy dit sê?

Antwoord: Omdat Hy ons geskape het en ons om die rede op hierdie aarde gestel het dat Hy in ons verheerlik kan word. Dit is ook reg dat ons ons lewens waarvan Hy die aanleiding is, aan sy heerlikheid toewy.

Wat is waarlik die hoogste goed van die mens?

Antwoord: Juis dit hierbo.

Waarom beskou jy dit as die hoogste goed?

Antwoord: Omdat ons toestand ongelukkiger as die van enige stomme dier sal wees as dit van ons weggeneem word. Daaruit bemerk ons dus duidelik genoeg dat niks ongelukkiger met die mens kan gebeur as om nie in God te lewe nie.

Kommentaar