26 Augustus

Bybelsondag: 26 Augustus: Maleagi 3:1-12

 Die skat van jou hart

Nadat ons gereflekteer het oor die eerste tafel van die Wet, neem ons vanoggend ’n breek tydens die basaarnaweek voor ons voortgaan met die tweede tafel. Want die basaar is ’n geleentheid om ons seëninge te tel. Moet ons nog ’n basaar hê het baie gevra tot die oploop van vanjaar se basaar? Is dit nog die moeite werd?

Soos Dawid eeue tevore kan ons vanoggend weereens bely: “Alles kom tog van U af en ons gee aan U wat ons van U gekry het.” Sien alles wat ons het, is ’n geskenk van God. Die basaar is ’n geleentheid waar ons dit gedenk. Dit is ’n geleentheid om aan die Here terug te gee wat ons van Hom ontvang het.

Die basaar is nie net’n geleentheid vir elkeen van ons om dit te bely nie, maar meer as dit, dit is ’n geleentheid om jou vryheid in Christus te beoefen. Om weereens te dink aan Christus se vrygewigheid aan die kruis en toe te laat dat dit jou vrymaak. Om jouself te herinner dat Christus ryk was, maar om ons onthalwe arm geword het sodat ons deur Sy armoede ryk kon word.

 

BELANGRIKE DATUMS

25 Augustus    Basaar

09 September  Kerkraad bevestiging

10 Oktober      Oesdiens

14 Oktober      Gemeente ete

 

MEELEWING EN VOORBIDDING

Ons dink in ons gebede aan almal wat siek is, in hospitale of tuis aansterk ná operasies of behandeling, ons bid ook vir ons gemeenskap en land:

Dankie vir reën wat geval het; grondhervorming gesprekke, Bregda Mostert; Mirrie Albertyn.

 

VERJAARSDAE

 

27 Augustus:   Heinrich Coetzee

28 Augustus:   Albert Carstens

30 Augustus:   Angenita Hanekom

30 Augustus:   Sheila Visser

01 September: John Loxton

 

GEMEENTEBEDIENING

Kleuterkerk: Gaan uit net na die kindermoment.

Kategese: Net na die erediens in die kerk.

Biduur: Dinsdag aan huis van Gielie en Marie Kellerman (Kasteelstraat 69) om 09:30

Omgeegroep: Dinsdag 18:30 aan huis van Teubes en Bregda Mostert (Hooggeleë)

WhatsApp: Om deel van die gemeente se WhatsApp groep te wees of iets daarop te plaas kontak asseblief vir Bregda Mostert (083 597 0091) of Adèle du Toit (083 954 9524).

 

BARMHARTIGHEID

Sopkombuis: Skenkings van stene, skadunet en ’n tafel word benodig. Kontak vir Hester Truter in die verband (082 436 8987)

Kosbank: Kontak vir Andrea Truter vir enige navrae (082 328 1089) hieroor

Klerebank: Ons benodig klere, skoene en komberse. Kontak vir Bregda Mostert in die verband (083 597 0091)

Dagsorg & SmartStart: Kontak vir Karisa Nel vir navrae (076 522 7767)

ACVV: Vir enige navrae oor die senior burger koringklub kontak asb. vir Lize Steyn (082 263 9434 )

 

KENNISGEWING

Die volgende lidmate is tot die kerkraad verkies. Geen besware is binne die approbasie tydperk ontvang nie:

Ouderlinge                                             Diakens

Alex Le Roux (Dorp – herkies)                Emden Vosser (Dorp)

Sakkie du Toit (Hooggeleë)                   Phillip Mostert (Hooggeleë)

Johan Mostert (Bergrivier)                     Louis Carstens (Bergrivier)

Klaus Warnich (Klipvlei)                          Heino Smit (Klipvlei)

Adele du Toit (Vrouediens – herkies)

 

TAFELGESPREK

Vraag: Wat is die vierde bede?

Antwoord: Gee ons vandag ons daaglikse brood. Dit is: Versorg ons met alles wat vir die liggaam nodig is (a), sodat ons daardeur erken dat U die enigste Bron is van alles wat goed is (b), en dat al ons sorge en arbeid en ook u gawes sonder u seën ons nie kan baat nie (c). Gee daarom dat ons ons vertroue van alle skepsele aftrek, en op U alleen stel (d). (a) Ps 145:15; 104:27; Matt 6:26. (b) Jak 1:17; Hand 14:17; 17:27. (c) 1 Kor 15:58; Deut 8:3; Ps 37:16;

127:1, 2. (d) Ps 55:23; 62:11; 146:3; Jer 17:5, 7.

Kommentaar