26 Januarie 2020

Christus ons herder

Die HERE is my herder (Psalm 23:1)

Dawid maak dit duidelik dat die enigste fondasie in sy lewe die Here is. Nie net wanneer dit goedgaan in tye van voorspoed en seën by die water van rus, nuwe krag en verkwikking van siel nie. Maar ook wanneer dit sleg gaan. Ook wanneer die dal van die doodskaduwee dreig, ook waar die vyande saamspan. God is vir ons ’n herder in die werklikheid van die lewe. Liefde, geluk en voorspoed is terme wat maklik resoneer in vandag se samelewing, almal wil gelukkig wees. Maar wat hierdie gedagtes nie mee rekening hou nie is dat ons in ’n gevalle en gekompliseerde wêreld leef. Dinge gebeur maar net nie soos jy dit wil hê nie. Die psalm maak dit duidelik dat God se herderlike sorg nie beteken dat hy alle slegte omstandighede verwyder nie.

En daarom kan jy jouself vanoggend afvra, wat is jou grondslag? Waar lê jou hoop te midde van jou omstandighede? Is daar al rede vir jou om tot Christus te vlug? Om buite jouself te kyk vir hoop? Met gewillige hande bied Christus homself weer vir ons aan as Herder vanoggend; laat ons Hom maar net in die geloof aanneem. Hy sal jou rus gee, Hy sal jou verkwik, Hy sal jou op die regte spore lei.

DEURKOLLEKTE

26 Januarie                  Plaaslik: eiendomme

KENNISGEWINGS

22 Januarie                  Barmhartigheid vergadering 15:00

5 Februarie                  Finansies vergadering 17:15

09 Februarie                Gesin geselligheid 10:30

28 Februarie – 1 Mrt.  Gemeente kamp

28 Maart                      Funduro

VOORBIDDING EN VERJAARSDAE

Ons dink in ons gebede aan almal wat siek is, in hospitale of tuis

aansterk ná operasies of behandeling. Baie geluk aan Christoff Truter wat as ouderling bevestig word vanoggend. Mag die Here jou in die werk seën.

Verjaarsdae:    Wena du Toit                     01/20

Elna Pretorius                    01/20

Conrad Lubbe                    01/24

GEMEENTEBEDIENING

Biduur: Woensdae 09:30 by Kasteel straat 69

WhatsApp: Om deel van die gemeente se WhatsApp groep te wees kontak asseblief die kerkkantoor

Teebeurte: Almal wat bereid is om tee te maak en te bedien na die diens kan asb. vir Karin Theron kontak (082 578 2294).

Gasvryheid: As jy bereid is om die Koringaar nuusbrief by die deure uit te deel voor die diens, kontak asb. vir ds. Nel .

BARMHARTIGHEID

Sopkombuis: Weeklikse sopkombuis vir jong kinders in gemeenskap. Skenkings is altyd welkom, kontak vir Hester Truter in die verband (082 436 8987).

Kosbank: Kospakkies vir behoeftiges in ons gemeenskap. Kontak vir Andrea Truter vir enige navrae (082 328 1089) hieroor.

Klerebank: Ons benodig klere, skoene en komberse om onder behoeftiges te versprei. Kontak vir Bregda Mostert (083 597 0091)

Dagsorg : Ons vroeë kinderontwikkeling projek. Kontak vir Peter Fourie vir navrae (082 862 8686).

ACVV: Die senior burger koringklub fokus op senior burgers in ons gemeenskap. Kontak asb. vir Lize Steyn (082 263 9434 ).

Nal’ibali: Ons gemeenskap leesprojek. Kontakvir Lize-Maré le Roux kontak (061 109 9336) vir navrae.

TAFELGESPREK

Waarom noem Christus dan die brood sy liggaam en die beker sy bloed of die nuwe Testament in sy bloed en waarom noem Paulus dit die gemeenskap met die liggaam en bloed van Christus? Antwoord: Daar is gewigtige redes waarom Christus so sê: Hy wil ons daarmee leer dat, soos brood en wyn die tydelike lewe onderhou, so voed sy gekruisigde liggaam en gestorte bloed, as die egte voedsel en drank, ons siele vir die ewige lewe (a). Verder wil Hy ons deur hierdie sigbare tekens en waarborge veral verseker dat ons net so seker deur die werking van die Heilige Gees aan sy ware liggaam en bloed deel kry as wat ons hierdie heilige tekens met die liggaamlike mond tot sy gedagtenis ontvang (b). Hy verseker ons ook dat al sy lyding en gehoorsaamheid so seker ons eie is asof ons self in eie persoon alles gely en die skuld vir ons sondes aan God ten volle betaal het. (a) Joh 6:55. (b) 1 Kor 10:16.

Kommentaar