Die Woord bring lewe en dood

22 April 2018: Teks:  2 Konings 2

Die Woord bring lewe en dood

2 Konings 2 is ’n hoofstuk wat weereens die soms vreemde bediening van die profete van die Here beklemtoon. Ons staan hier by die oorgang van Elia se bediening na die van Elisa.

Dit is ’n verhaal vol drama: Ons lees van ’n wa van vuur met perde en Elia wat in ’n storm na die hemel opgeneem word. Elisa slaan dan met Elia se mantel op die water van die Jordaan om die rivier oor te steek. Dan gaan loop hy in Elia se spore na Jerigo, Bet-el en Karmel. By Jerigo gebruik hy ’n skottel met sout om die water te genees en by Bet-el vervloek hy die klein seuntjies en toe kom twee berinne uit die bos en verskeur 42 van die kinders.

So vreemd is hierdie gebeure by Bet-el dat sommige kommentators meen dit hoort nie in die Bybel nie, dat dit ’n simpel verhaal is wat iemand later bygevoeg het. Wat beteken dit dus vir ons vandag?

Ons leer hierin dat God se Woord die grootste vloek kan omkeer en selfs die vuilste mens kan skoonwas. Maar ons hoor ook dat God die heilige God is wat wraak neem oor die aanranding van Sy eer en nie verdra dat Sy eer aan ’n ander gegee word nie.

 

ANDER EREDIENSTE 

 

10 Mei             Hemelvaart diens om 08:00

13 – 18 Mei:    Pinkster om 19:00

 

DEURKOLLEKTE

 

22 April           Spes. D/O: Jan Kriel Instituut

29 April           Sin D/O: Studente bearbeiding

 

MEELEWING EN VOORBIDDING

 

Ons dink in ons gebede aan almal wat siek is, in hospitale of tuis aansterk ná operasies of behandeling, ons bid ook vir ons gemeenskap en land:

Droogte; regering leiers; gemeenskappe waar onrus en gewelddadige protes heers; moedelose boere, seën vir die planttyd, Alwyn Hanekom (Taaibosvlei); Gielie en Marie Kellerman (Kasteelstraat 69) met die afsterwe van sy suster.

 

VERJAARSDAE

 

Ons hartlike gelukwense aan lidmate wat vandag en in die komende week verjaar – ’n seën gebed vir julle:

 

22 April           Christiaan Hanekom

23 April           Gesie Smit

23 April           Nettie Theron

24 April           Rian Carstens

24 April           Floors du Toit

 

GEMEENTEBEDIENING

 

Kleuterkerk: Weens die langnaweek sal geen kleuterkerk volgende Sondag weens nie.

 

Kategese: Weens die langnaweek aar sal geen kategese volgende Sondag weens nie.

 

Vrouediens: Kontak vir Adèle du Toit (083 954 9524) vir enige navrae of inskakeling by die vrouediens.

 

Biduur: Dinsdag 24 April aan huis van Gielie en Marie Kellerman (Kasteelstraat 69) om 09:30. Kontak vir vir ds. Nel vir enige navrae.

 

Teebeurte: As jy bereid is om te help met ’n teebeurt na die erediens, kontak asb. vir Karin Theron (082 578 2294).

 

BARMHARTIGHEID

 

Sopkombuis: Die sopkombuis het reeds begin en word Dinsdae en Donderdae bedryf. Enige skenkings van sopvleis sal waardeer word. Kontak vir Hester Truter in die verband (082 436 8987).

 

Kosbank en dagsorg: Kontak vir Andrea Truter vir enige navrae (082 328 1089) hieroor.

 

KENNISGEWINGS

 

Funduro: Baie dankie aan almal wat so hard gewerk het aan die Funduro. ’n Spesiale dankie aan Adèle du Toit en die vrouediens, Frikkie Theron, Stiaan Koch. Pieter Steyn en Heino Smit. Die dag se inkomste staan min of meer op R65 000.

 

Dankofferinsameling: Soos gebruiklik hierdie tyd van die jaar, sal die diakens dankoffers kom insamel. Graag wil ons by u aanbeveel om ’n dankoffer te gee. Ons wil ons opregte dank hiervoor teenoor almal betuig. Mag die Here ons gemeente vanjaar weer hierin help: ons dank aan Hom en aan u elk vir u meelewing en bydraes.

 

Tafelgesprekke: Vraag: Doen God die mens dan nie onreg aan as Hy in sy wet van hom eis wat hy tog nie kan doen nie?

Antwoord: Nee (a), want God het die mens so geskep dat hy dit kon doen (b). Maar die mens het homself en sy hele nageslag as gevolg van die aanhitsing van die duiwel (c) en deur moedswillige ongehoorsaamheid van hierdie gawes beroof. (a) Ef 4:24. (b) Gen 3:13; 1 Tim 2:13, 14. (c) Gen 3:6; Rom 5:12.

 

Vraag: Wil God ongehoorsaamheid en afval ongestraf laat bly?

Antwoord: Nee, glad nie; inteendeel, sy toorn is verskriklik (a) sowel oor die erfsonde as oor die sonde wat ons self doen: Hy wil dit in die tyd en in die ewigheid met ‘n regverdige oordeel straf (b). Hy het immers gesê: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie (c). (a) Gen 2:17; Rom 5:12. (b) Ps 50:21; 5:6; Nah 1:2; Eks 20:5; 34:7; Rom 1:18; Ef 5:6. (c) Deut 27:26; Gal 3:10.

Kommentaar