Eredienste

Na aanleiding van die regering se verklaring aangaande die COVID-19 virus deel ons die volgende : Ons gemiddelde erediensbywoning val ver onder die limiet wat Pres Ramaphosa gestel het – dus is ons dankbaar om te kan voortgaan met ons eredienste op Sondae soos normaalweg.

Kom ons wees egter behulpsaam in die stryd om die virus te bekamp. Bly tuis indien jy enigsins olik voel en vermy fisiese kontak soos bladskud by die erediens. Probeer ook om nie onnodig té naby aan mekaar te sit nie.

Lidmate wat die risiko van kontak wil vermy (veral 65jr+, weerloses en persone wat griepsimptome het) word aangemoedig om die eredienste Sondae op RSG, TV, en e-kerk te volg.

Kommentaar