Gooi tou op

Woordeskat vir geloof (5): Die Christelike geloof wil jou regtig tot op die punt bring om te sê: ek gee nou moed op. Ek kan myself nie hier uitkry nie. Ek is nou klaar geprobeer. So dit is nie, maar net ’n erkenning van jou ellende nie, dit is nie, maar net om jou sonde te bely nie, dit is nie, maar net ’n jammer hier en ’n jammer daar nie. Jy moet tou opgooi. Jy moet laat gaan en sê, ek is nou klaar. Ek sien ek gaan hier nie uitkom nie. Ek benodig ‘n Verlosser.

Kommentaar