Met die opening van die skole agter die rug en al ons vergaderings vir die eerste kwartaal afgehandel hoor ons môre uit Hebreërs 1: 1-4 hoe om die jaar met vertroue vêrder in te gaan. Die hele brief is eintlik geskryf vir moedelose gelowiges wat met geloof en met die kerk wil tou opgooi.
Die kategese begin ook weer môre met ’n kort vergadering na die tyd vir ouers in die konsistorie.
Die jong werkende Bybelstudie kom weer die week, Woensdag 24 Feb. om 19:00 byeen en
die Nagmaal wat einde Januarie moes plaasvind is aangeskuif tot die 28ste Februarie.