Jubel in God se trou

Pinkster (6): Mens moet nie dieselfde ding oor en oor doen en ander resultate verwag nie. Tog is dit presies wat Habakuk ons leer: “Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie” — in sulke tye praat Habakuk van volharding,“nogtans sal ek jubel in die Here, ek sal juig in die God van my heil.” Hou aan, volhard in gebed– al sien jy nie nou al die resultate nie. Die Gees van God is magtig om wel die gety te draai.

Kommentaar