’n Lewende lidmaat van die kerk

25 Maart 2018

Teks: Efesiërs 4:11-16

In ons dag en tyd is lidmaatskap van die plaaslike gemeente vir menigte mense nie juis van veel waarde nie.  Lidmaatskap van die kerk word hanteer soos lidmaatskap aan ’n ontspanningsklub – jy gaan wanneer jy lus het en niemand gee om as jy nie opdaag nie.  As jy nie van iemand hou by die klub nie sluit jy bloot by ’n ander een aan en as die fasiliteite nie goed genoeg is nie soek jy vir jou ’n klub wat aan jou behoeftes voorsien.  Dit is egter nie die Bybelse lering oor lidmaatskap nie.  Die Woord leer dat die kerk die liggaam van Christus is.  En ’n Christen is ’n lewende lid van daardie liggaam.  So bely ons ook in die Nederlandse geloofsbelydenis artikel 28:

Ons glo – aangesien hierdie heilige vergadering ’n versameling is van hulle wat verlos word en daarbuite geen saligheid is nie – dat niemand, wat sy stand en status ook al is, hom in selftevredenheid van hierdie vergadering afsydig mag hou nie; inteendeel, almal is verplig om daarby aan te sluit en hulle daarmee te verenig om die eenheid van die kerk te bewaar deur hulle almal – as lede van een en dieselfde liggaam – aan sy leer en tug te onderwerp, die nek onder die juk van Jesus Christus te buig en volgens die gawes wat God aan elkeen gegee het, die broers in die opbou van hulle geloof te dien…

Dit is wat ons leer uit Efesiërs 4 ook vanoggend.  Lidmaatskap van ons gemeente is nie iets wat jy soos ’n ontspanningsklub kan hanteer nie.  Nee, jy moet ’n honger hê om God se Woord te ontvang en moeite doen om by die eredienste te wees.  Lidmaatskap vra dat jy verbind is aan God se liggaam hier en veral met jou gawes dien in hierdie liggaam sodat ons almal … “in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus.”

 

MEELEWING EN VOORBIDDING

Ons dink in ons gebede aan almal wat siek is, in hospitale of tuis aansterk ná operasies of behandeling, ons bid ook vir ons gemeenskap en land:

Christoff, Andrea, Ian, Emke en Anina Truter met die afsterwe van Christoff se suster (Pampoenkraal); Teubes Mostert (Hooggeleë); Hennie Pretorius (Goedehoop); droogte; regering leiers.

 

GEMEENTEBEDIENING

Kleuterkerk: Kleuter gaan uit na die Annex net na die kinder moment in die erediens. Kontak vir Lize Steyn (082 263 9434) vir enige navrae.

Kategese: Kategese vir hoërskoolleerders of enige iemand wat graag belydenis van geloof wil aflê vind net na die erediens plaas. Kontak vir ds. Nel vir enige navrae hieroor.

Vrouediens: Kontak vir Adèle du Toit (083 954 9524) vir enige navrae of inskakeling by die vrouediens.

Biduur: Word beplan vir die tweede kwartaal aan huis van Gielie en Marie Kellerman (Kasteelstraat 69) op Dinsdae om 09:30. Laat weet gerus vir ds. Nel indien jy sou belangstel of indien die dag en tyd nie geskik is vir jou nie.

 

BARMHARTIGHEID

 Sopkombuis: Die sopkombuis het reeds begin en word Dinsdae en Donderdae bedryf. Enige skenkings van kookvleis sal waardeer word. Kontak vir Hester Truter in die verband (082 436 8987).

 

Kosbank en dagsorg: Kontak vir Andrea Truter vir enige navrae (082 328 1089) hieroor.

 

KENNISGEWINGS

Besoekers: Hartlik welkom by ons.  Daar is ’n vormpie in die voorportaal wat jy kan invul. Plaas dit in die sakkie saam met jou offergawes as die diakens dit ombring sodat ons met jou kan opvolg.

Data veranderings: Lidmate wie se adres of telefoonnommer verander het, moet asseblief die kerkkantoor hiervan in kennis stel.

Almanak: Die program vir 2018 is in die kerkkantoor beskikbaar.

Funduro: Baie dankie aan almal wat so hard gewerk het aan die Funduro. ’n Spesiale dankie aan Adèle du Toit en die vrouediens, Frikkie Theron, Stiaan Koch. Pieter Steyn en Heino Smit wat leiding geneem het met die reëlings.

Dankofferinsameling: Soos gebruiklik hierdie tyd van die jaar, sal die diakens dankoffers kom insamel. Graag wil ons by u aanbeveel om ’n dankoffer te gee en waar daar ook finansiële nood is dit onder die diakens se aandag te bring. Ons wil ons opregte dank betuig teenoor almal wat verseker dat ons bediening hier kan voortgaan. Mag die Here ons gemeente vanjaar weer hierin help: ons dank aan Hom en aan u elk vir u meelewing en bydraes.

Kommentaar