Ons is nie gered nie

⛪Dit is Sondag die tweede erediens van Februarie 2021 en maar die derde van die jaar! Die jaar 2021 voel mens, uiteindelik het nou begin. 🎒Maandag heropen die skole; en ons dink aan al ons kinders, jongmense, onderwysers (en ouers!) – baie sterkte! Die opening van die skole val ook dan ook mooi saam met die jaarliks Biddag vir onderwys en opvoeding môre waar ons ook ’n spesiale deurkollekte vir Koringberg Primêr gaan opneem. 🚸Let asb. op dat die kategese wat Sondag sou begin uitgestel is tot die 21ste Februarie. Ons sal 17de Februarie weer met die midweek 📖Bybestudie begin om 09:30 aan huis van Nick en Hester Truter (Hoofstraat 1) en die Kerkraad vergader ook dieselfde dag. 🍇Die Nagmaal wat einde Januarie moes plaasvind is aangeskuif tot die 28ste Februarie. 🌾Met die nuwe skoolkwartaal wat aanbreek gaan ons ook ast’ware ’n nuwe seisoen in. Mag dit vir ons as gemeente ’n tyd van nadenke wees oor wat met ons gebeur het; mag dit ’n tyd van seën wees deur God se Woord en Gees; mag dit ’n tyd van verdieping én verkwikking wees. Môreoggend hoor ons uit Jeremia 8: 19-22 oor die geleenthede wat hierdie nuwe seisoen ons bied. 🎥Vir almal wat nog eerder wegbly weens Covid sal die erediens Sondag weer lewendig uitgesaai word om 09:00 met klankgreep wat kort daarna volg. Volg gerus die volgende skakel: https://www.facebook.com/koringbergkerk/live/ of kyk by die Koringaar op ons webtuiste koringberg.ng.org.za

Kommentaar