Die huis van die lewende God

Erediens Sondag om 09:00. Teks: 1 Tim. 3: 14-16

Die huis van die lewende God. “Die allesbepalende vir die evangelie is nie die kerk nie, maar die Here van die kerk. Ons moet nie van onder af na die kerk kyk nie, maar van bo. Want die kerk is nie ’n klub nie, nie ’n vrywillige samekoms van lede nie, die kerk word in die lewe geroep deur God. Dit is die huis van die lewende God. Waar Hy rondom Sy Woord en sakramente Sy gemeente vergader.”Die diens word begelei op klavier deur Komien van der Westhuizen, bygestaan deur Johan du Toit op viool.

Kommentaar