Die liefde van Christus dring ons

Erediens: 06 Mei 2018: Teks:  2 Korintiërs 5:11-21

Die liefde van Christus dring ons

 “Want die liefde van Christus dring ons, omdat ons van oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is (2 Kor.5:14-15).”

Daar het ’n oomblik in Paulus se lewe gekom dat hy alles kon laat gaan: sy afkoms, sy status, sy besittings, sy gerief, huis en haard, alles, nie omdat dit onbelangrike dinge op sigself is nie, maar iets of Iemand anders het in sy lewe ingekom en ’n totale houvas op hom gekry. Dit was ’n oorweldigende gevoel van geroepe wees, van gedrongenheid: dit was die liefde van Christus. En toe dit in sy lewe inkom, het al die ander sake hulle krag verloor, want die een saak het alles oorweldig en hom beheer: die liefde van Christus wat hom gedring het.

Dit kom deur die Christus deur die geloof te omhels. Deur jouself deur die geloof te identifiseer met Hom wat Homself met ons geïdentifiseer het aan die kruis. Dit was ’n oorweldigende mag wat in Paulus se lewe ingekom het toe hy uitgevind het: Christus het my lief. Die liefde van Christus het die grond van sy hele bestaan geword.

Mag jy vanoggend ook in jou hart sê: Here ek gee myself aan U want ek is oortuig dat Een vir almal gesterf, sodat die wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is.

 

ANDER EREDIENSTE

10 Mei             Hemelvaart diens om 08:00

13 – 18 Mei:    Pinkster om 19:00

27 Mei:            Nagmaal

 

DEURKOLLEKTE

06 Mei             Plaaslike D/O: Sopkombuis

13 Mei             Spes D/O: Hugenote Kollege

 

MEELEWING EN VOORBIDDING

 

Ons dink in ons gebede aan almal wat siek is, in hospitale of tuis aansterk ná operasies of behandeling, ons bid ook vir ons gemeenskap en land:

Droogte; regering leiers; gemeenskappe waar onrus en gewelddadige protes heers; moedelose boere, seën vir die planttyd, Alwyn Hanekom (Taaibosvlei); Gielie en Marie Kellerman (Kasteelstraat 69) met die afsterwe van sy suster.

 

VERJAARSDAE

Ons hartlike gelukwense aan lidmate wat vandag en in die komende week verjaar – ’n seën gebed vir julle:

 

08 Mei             Karin Theron

09 Mei             Ian Truter

10 Mei             Anelda Engelbrecht

 

GEMEENTEBEDIENING

 

Kleuterkerk: Weens die langnaweek is daar geen kleuterkerk nie.

Kategese: Weens die langnaweek is daar geen kategese nie.

Vrouediens: Kontak vir Adèle du Toit (083 954 9524) vir enige navrae of inskakeling by die vrouediens.

Biduur: Geen biduur die week weens langnaweek.

Teebeurte: As jy bereid is om te help met ’n teebeurt na die erediens, kontak asb. vir Karin Theron (082 578 2294).

 

BARMHARTIGHEID

Sopkombuis: Die sopkombuis het reeds begin en word Dinsdae en Donderdae bedryf. Enige skenkings van sopvleis sal waardeer word. Kontak vir Hester Truter in die verband (082 436 8987).

Kosbank en dagsorg: Kontak vir Andrea Truter vir enige navrae (082 328 1089) hieroor.

 

KENNISGEWINGS

Dankofferinsameling: Soos gebruiklik hierdie tyd van die jaar, sal die diakens dankoffers kom insamel. Graag wil ons by u aanbeveel om ’n dankoffer te gee. Ons wil ons opregte dank hiervoor teenoor almal betuig. Mag die Here ons gemeente vanjaar weer hierin help: ons dank aan Hom en aan u elk vir u meelewing en bydraes.

Tafelgesprekke: Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe?

Antwoord: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe (a) nie aan myself (b) nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus behoort (c). Hy het met sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal (d) en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos (e). Hy bewaar (f) my op so ‘n wyse dat sonder die wil van my hemelse Vader, geen haar van my kop kan val nie (g). Alles moet inderdaad tot my saligheid dien (h). Daarom verseker Hy my ook deur sy Heilige Gees van die ewige lewe (i) en maak Hy my van harte gewillig en bereid om voortaan vir Hom te lewe (k).

(a) Rom 14:8. (b) 1 Kor 6:19. (c) 1 Kor 3:22; Tit 2:14: (d) 1 Pet 1:18, 19;1 Joh 1:7; 2:2, 12. (e) Heb 2:14;1 Joh 3:8; Joh 8:34-36. (f) Joh 6:39; 10:28; 2 Tess 3:3; 1 Pet 1:5. (g) Matt 10:30; Luk 21:18. (h) Rom 8:28. (i) 2 Kor 1:22; 5:5; Ef 1:14; Rom 8:16. (k) Rom 8:14;1 Joh 3:3:

Kommentaar