“Daarna.. het ek gesien”
Pinkster (8): Om opgelig te word bo al die omstandighede van die lewe.
Pinkster (8): Om opgelig te word bo al die omstandighede van die lewe.
Pinkster (7): “Ek begeer dat God nie vir ons sal wees soos ’n reisende man wat afdraai om maar te bly vir ’n nag nie, maar dat Hy meer en meer Sy Gees oor ons sal uitstort en nie meer van ons sal weggaan nie…”
Pinkster (6): Mens moet nie dieselfde ding oor en oor doen en ander resultate verwag nie. Tog is dit presies wat Habakuk ons leer: “Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee … [Read more…]
Hab.3: Dit partykeer belangriker vir ons om te weet wat God in die verlede gedoen het, as om te vra na wat God se plan is vir ons vandag. Die feit dat Christus gesterf het, is belangriker as die feit dat ons eendag sal sterf. Die feit dat Jesus uit die dood opgestaan het, is … [Read more…]
Woordeskat vir geloof (5): Die Christelike geloof wil jou regtig tot op die punt bring om te sê: ek gee nou moed op. Ek kan myself nie hier uitkry nie. Ek is nou klaar geprobeer. So dit is nie, maar net ’n erkenning van jou ellende nie, dit is nie, maar net om jou sonde … [Read more…]
As ons daaroor nadink, sal ons insien dat ons neerslagtigheid altyd daarmee saamhang dat ons geloof buite rekening laat. Ons dink oor die lewe buite die geloof om, buite Christus om, buite God om. Solank ons sonder geloof na die donker kante van die lewe kyk, is hulle inderdaad somber en hopeloos.
Miskien is Pinkster juis ’n tyd waar ons nie moet soek vir antwoorde nie, maar moet staan, wag, sien wat die Here sal sê.
“Ons sien dat God getrou is en dat Hy nooit die beloftes wat Hy aan Sy kerk gemaak het vergeet nie. Dat Hy die dowwe lamppit nie sal uitblus nie, selfs al lyk dit of die oorstromings dit oorweldig, maar dat Hy die vlam weer sal laat herleef selfs in die donkerste tye.”
Hemelvaart is vir die kerk ‘n keerpunt, ‘n nuwe normaal. En waar die nuwe normaal van Covid-19 van ons vra om alles te doen om die verspreiding van die virus te verlangsaam, vra die nuwe normaal van Hemelvaart dat ons alles sal doen om die evangelie te versprei
Die kerk moet dit duidelik maak dat geen ampsdraer of kerkvergadering die laaste sê in die kerk het nie. Dit kom aan die Woord van God alleen toe.